Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 September 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Kritieke Leerderondersteuningsprogram bedreig deur die onbefondsde salarisooreenkoms
# ‘n Streng waarskuwing aan Korrektiewe Dienste-amptenare na ‘n klopjag by die St Albans Korrektiewe Sentrum
# En, rugby: ‘n Wallabies-flank verwar ‘n gebreekte hand met ‘n ligamentprobleem
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê die versuim van die regering om die loonooreenkoms met die openbare sektor in 2023 ten volle te befonds, bring noodsaaklike leerderondersteuningsprogramme in die gedrang. LUR David Maynier sê provinsies staan voor ‘n fiskale noodtoestand en moet moeilike begrotingsbesluite neem. Volgens hom sal Wes-Kaapse owerhede skole vir spesiale behoeftes, maaltydprogramme en leerdervervoer beskerm:
# Die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, onderneem om in te gryp indien gevangenisbeamptes betrokke is by misdadige bedrywighede. Na ʼn onaangekondigde klopjag by St Albans Korrektiewe Sentrum in Gqeberha, is beslag gelê op smokkelware soos selfone en geld. Hy sê ook soortgelyke klopjagte is noodsaaklik om misdaad soos moord en afpersing te pak, wat dikwels beheer word deur invloedryke gevangenes:
# Die African Transformation Movement het die ANC-regering beskuldig dat hulle nie die wydverspreide uitbuiting van werkers se pensioenfondse aanspreek nie. Volgens die party het 82-persent van Suid-Afrikaanse ondernemings nie pensioenbydraes in 2023/2024 betaal nie, wat ernstige wanbestuur en korporatiewe hebsug weerspieël. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, het die regering gekritiseer vir sy gebrek aan optrede en eis onmiddellike maatreëls om die verlore fondse te herwin en diegene wat verantwoordelik is aanspreeklik te hou:
# Oorstromings weens Storm Boris in Sentraal-Europa het damwalle laat bars en elektrisiteit onderbreek met minstens elf mense wat dood is. Sterk wind en buitengewone swaar reënval het sedert Vrydag dele van Oostenryk, die Tsjeggiese Republiek, Hongarye, Roemenië en Slowakye getref. Die reën het strate oorstroom en op sekere plekke is hele woonbuurte onder water, terwyl openbare vervoer tot stilstand gedwing is en kragtoevoer onder breek is.
# Rugby: Fraser McReight van Australië herstel na ʼn operasie nadat hy in die toetse in Julie met ʼn gebreekte hand gespeel het. Volgens die flank was hy onder die indruk dis ʼn ligamentprobleem maar was onbewus sy hand is gebreek. Hy is egter slaggereed vir Saterdag se wedstryd in die Rugbykampioenskap teen Nieu-Seeland in Sydney. McReight het sy hand in die eerste toets van die seisoen teen Wallis gebreek. Die Wallabies het albei tuistoetse teen Suid-Afrika verloor met ‘n 67-27 loesing deur Argentinië in Santa Fe.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-68-sent teen die dollar, 19-rand-68-sent teen die euro en 23-rand-36-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-337-dollar-77-sent. Die prys van goud is twee-duisend-560-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-26-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….