Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 September 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA eis ‘n ondersoek na die SABS-bestuurskwessies
# Die minister van Polisie beloof geregtigheid ná die KZN-gesinsmoorde
# En, sokker: Kaizer Chiefs hoop ‘n nuwe afrigter en spelers sal sy trofee-droogte beëindig
# Die DA se handelswoordvoerder, Toby Chance, het die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging versoek om beweerde korrupsie by die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde te ondersoek. Chance beklemtoon kommer oor die gebrek aan ‘n volledige raad en ‘n permanente uitvoerende hoof, met verwysing na bewerings van verklikers wat geviktimiseer word en bestuursmislukkings. In reaksie daarop dring die SABS daarop aan leierskapgapings en werwing moet deursigtig aangepak word. Chance sê die Portefeuljekomitee oor Handel, Nywerheid en Mededinging ondersteun pogings om bestuur rondom instansies bestendig te maak.
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het belowe om diegene wat verantwoordelik is vir die moord op sewe gesinslede in KwaZulu-Natal, swaar te straf. Die slagoffers, waaronder drie kinders, is Woensdag doodgeskiet in hul huis in Highflats in die Hlokozi-omgewing gevind. Mchunu het sy medelye uitgespreek en die moorde as sinneloos en onmenslik veroordeel. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, het die publiek verseker alle hulpbronne sal aangewend word om veiligheid in die gebied te herstel:
# Die Nasionale Tesourie neem kennis van die besluit van Fitch Ratings om Suid-Afrika se langtermyn buitelandse en plaaslike valutaskuldgraderings op B-B te hou met ‘n stabiele vooruitsig. Die graderingsagentskap sê daar is deurlopende uitdagings, soos trae ekonomiese groei, hoё skuld en ongelykheid, maar wys op positiewe faktore soos ʼn goeie skuldstruktuur, sterk instellings en geloofwaardige monetêre beleid. Die agentskap neem kennis van vordering met hervormings met Operasie Vulindlela, verbeterings met elektrisiteitsvoorsiening die regering se fokus op gekontroleerde besteding en minder lenings.
# Die Britse minister van Polisie en Misdaad, Diana Johnson, se handsak is vandeesweek by ʼn polisiekonferensie in Engeland gesteel waar sy gepraat het oor die groeiende probleem van diefstal en winkeldiefstal. Die polisie in Warwickshire sê ‘n 56-jarige man is vir vermeende diefstal aangekeer en op borgtog vrygelaat. John het in haar toespraak voor die Vereniging van Polisiesuperintendente gesê Brittanje is vasgevang in die greep van die epidemie van antisosiale gedrag, diefstal en winkeldiefstal.
# Sokker: Die Premierliga-seisoen begin môre met Kaizer Chiefs, wat hul veldtog op die Vrystaat-stadion begin teen die nuutgepromoveerde Marumo Gallants. Die Amakhosi is desperaat om ‘n trofee-droogte van byna tien jaar te beëindig. Die Tunisiese afrigter, Nasreddine Nabi, is nou aan boord en hy het kontrakte met ‘n paar nuwe spelers gesluit, soos die verdediger, Inacio Miguel. Die 28-jarige was voorheen by die Angolese span Petro de Luanda en hoop op ‘n suksesvolle PSL-seisoen:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 19-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-26-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-250-dollar-59-sent. Die prys van goud is twee-duisend-576-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-93-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….