Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die inwerkingstellings-plan vir billike energie-oordrag is onderweg
# Duisende mense vlug uit Athene voor ‘n reukse-veldbrand
# En, krieket: Graham Thorpe se gesin bevestig hy het sy eie lewe geneem
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientso Ramokgopa, sê die 2023 tot ’27 inwerkingstredings-plan vir Billike Energie-oordrag is aan die gang, met die fokus op regulatoriese aanpassings en hulpbrontoewysing. Ramokgopa het aan die media herhaal dat 1,5-duisend-miljard-rand nodig is om die doelwitte vir billike energie-oorgang te bereik. Hy sê die plan sal die verhouding tussen kweekhuisgasvrystellings en klimaatsverandering aanpak:
# Build One South Africa het ‘n landwye versoekskrif van stapel gestuur wat ‘n beroep doen vir die openbaarmaking van die nasionale register vir seksuele oortreders, asook makliker toegang. Die party voer aan die huidige proses om toegang te kry, wat ‘n fooi van 150-rand en ‘n wagtydperk van ses weke behels, verhoed deursigtigheid en aanspreeklikheid. BOSA se adjunk-leier, Nobuntu Hlazo-Webster, het aan Newzroom Afrika gesê sy glo openbare toegang is noodsaaklik vir gemeenskapsveiligheid en die afskrikking van seksuele oortreders:
# Die Gautengse polisie het ‘n soektog op tou gesit na ‘n 18-jarige matriekleerder, Reza Saloojee, wat vermoedelik in die Vaaldam verdrink het. Hy het saam met familielede visgevang toe hy probeer het om eiendom uit die dam te kry nadat dit ingewaai het, maar het in sterk strome beland. Die hoofseun van die Hoërskool Greenside in Johannesburg is laas gesien toe hy probeer uitswem het. ‘n Helikopter, polisieduikers en snuffelhonde is betrokke by die soektog.
# Duisende mense wat rondom Athene bly, het vandag uit hulle huise gevlug, insluitende uit die geskiedkundige dorpie, Marathon, met reuseveldbrande wat al hoe nader aan die Griekse hoofstad kruip. Owerhede het minstens vyf gemeenskappe en twee hospitale noordoos van Athene gelas om te ontruim nadat die inwoners van agt nabygeleë dorpies, insluitende Marathon, gister aangesê is om te ontruim. Die burgemeester van Marathon, wie se naam gegee is aan die langafstand-wedloop wat die middelpunt van die Olimpiese Spele vorm, Stergios Tsirkas, sê dit stuur af op ‘n Bybelse ramp.
# Krieket: Die gesin van die voormalige Engelse kolwer Graham Thorpe het bevestig hy het selfdood gepleeg. Die 55-jarige het 100 toetse en 82 eendagwedstryde gespeel en meer as nege-duisend-lopies aangeteken. Volgens sy vrou, Amanda, het hy jare lank gesukkel met depressie en angs. Hy is in 2022 as hulpafrigter van Engeland afgedank en toe as hoofafrigter van Afghanistan aangestel, maar het sy eie lewe probeer neem en was nooit in die pos nie. Sy oudste dogter, Kitty, sê die familie is nie skaam om oor sy worstelings te praat nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-20-sent teen die dollar, 19-rand-88-sent teen die euro en 23-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-399-dollar-61-sent. Die prys van goud is twee-duisend-448-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….