Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA verwys die Gautengse premier se Nasi iSpani-program na die openbare beskermer
# Vordering word gemaak met die padrehabilitasieprojek om opeenhoping by die Durbanse hawe uit die weg te ruim
# En, Olimpiese Spele: Suid-Afrikaanse atlete blink uit in Parys
# Die DA se skadu-LUR vir Onderwys in Gauteng, Sérgio Isa dos Santos, sê hy sal premier Panyaza Lesufi se Nasi iSpani-werkskeppingsprogram na die openbare beskermer verwys vir ondersoek. Dos Santos beskuldig Lesufi van onverantwoordelike beloftes nadat hy in Februarie ‘n verlenging van 12 maande aangekondig het, maar kontrakte onmiddellik beëindig is. Hy eis aanspreeklikheid vir die wanaanwending van belastingbetalersgeld, en vra aanspreeklikheid:
# Die Transnet Nasionale Hawe-owerheid is besig met ‘n rehabilitasieprojek van 24 maande teen opeenhoping by die Durbanse hawe. Die projek het verlede jaar begin en 58-persent van die werk by die Maydon-kaai en die Bayhead-gebied is reeds voltooi. Die werk sluit in stormwaterplaveisel, pypbespuiting en die oprigting van aanwysigingstekens. Die hawe se waarnemende bestuurder, Nkumbuzi Ben-Mazwi, verwag die projek sal betyds klaar wees om verdere opeenhoping te voorkom en die operasionele doeltreffendheid te verbeter.
# Olimpiese Spele: Edmund du Plessis van Suid-Afrika was tweede in die uitdun van die 800-meter vir mans met ‘n tyd van 1-minuut-45,73-sekondes om vir die halfeindronde te kwalifiseer. Brian Raats het ook vir die eindronde van die hoogspring vir mans gekwalifiseer na ‘n geslaagde poging op 2,24-meter. Die spiesgooi-ster Jo-Ané (uitspraak Yo-a-nay) van Dyk het gekwalifiseer vir Saterdag se eindronde van die vroue-item met ‘n beste gooi van 64,22-meter.
Dit was egter ‘n dag van teenstrydige emosies vir Suid-Afrika se roeiers. Hamish Lovemore was tweede in die kwarteindronde van die mans-kajak-enkel duisend-meter en is deur na die volgende ronde. Andy Birkett was derde en het nie deurgedring nie. Esti Oliver en Tiffany Kock het albei sesde geëindig in hulle kwarteindrondes van die vroue-kajak-enkel 500-meter en kwalifiseer nie vir die halfeindronde nie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-36-sent teen die dollar, 20-rand-5-sent teen die euro en 23-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 56-duisend-516-dollar-53-sent. Die prys van goud is twee-duisend-399-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-64-sent per vat.
# En ten slotte: Die jaarlikse Govan Mbeki-lesing by die Nelson Mandela-universiteit in Gqeberha het die belangrikheid beklemtoon van die opgradering van infrastruktuur in Afrika vir industrialisasie. Die besturende direkteur van die Volkswagengroep in Suid-Afrika, Martina Biene, het in haar lesing gesê die Afrika-vryhandelsgebied word beskou as ‘n strategiese stap om intra-Afrika-handel te verbeter en die vasteland te posisioneer as ‘n nywerheid-spilpunt:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….