Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 26 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Menseregtekommissie doen stappe om ‘n herhaling van die onluste van Julie 2021 te voorkom
# ‘n Oproep dat Suid-Afrika se staatsondernemings hervorm word
# En, krieket: Kane Williamson en Chris Woakes sluit aan by Durban’s Super Giants vir volgende jaar se SA20
# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het verskeie projekte begin om ‘n herhaling te voorkom van die onluste van Julie 2021. Kommissaris Tshepo Madlingozi het by die Tshwane Universiteit van Tegnologie gewys op projekte, insluitende dialoog oor maatskaplike harmonie en die Wetsontwerp op Slagoffersteundienste wat in die wetboek opgeneem moet word. Hy benadruk die noodsaaklikheid van vergoeding vir slagoffers wat geraak word:
# ‘n Politieke ontleder sê Suid-Afrika se staatsondernemings moet dringend hervorm word om staatskaping en wanbestuur teen te werk. President Cyril Ramaphosa het dié week aangekondig die regering is volstoom besig om ʼn houermaatskappy te stig om toesig te hou oor belangrike staatsondernemings en dit te koördineer. ʼn Onafhanklike politieke ontleder, Sandile Swana, sê die ondernemings sal net gedy indien onafhanklike, goed gekwalifiseerde raadslede en senior bestuurders aangestel word.
# Hoofregter Raymond Zondo het adjunkhoofregter Mandisa Maya gelukgewens met haar aanstelling as sy opvolger vanaf 1 September. Zondo loof haar as die eerste vrou wat die rol beklee, wat ‘n mylpaal is vir Suid-Afrika se regstelsel. Hy prys ook haar vasberadenheid en werksetiek, en spreek vertroue uit in haar leierskap van die Konstitusionele Hof en ander regspligte:
Die waarnemende direkteur van die Regsentrum vir Vroue, Charlene May, vra intussen meer moet gedoen word vir vroue in die regsberoep. Sy het die uitdagings aan Newzroom Afrika uiteengesit, wat insluit patriargie, nie-inklusiewe werkplekke, salarisgapings tussen geslagte en geslagsdiskriminasie. May vra hersienings om vroueregslui se vordering te steun:
# Krieket: Die oud-Nieu-Seelandse kaptein Kane Williamson en die veelsydige Chris Woakes van Engeland speel volgende jaar die eerste keer in die SA20 nadat hulle ‘n kontrak onderteken het met Durban’s Super Giants. Williamson het uitgetree as kaptein van die Swart Pette toe hy ‘n nasionale sentrale kontrak vir die volgende seisoen van die hand gewys het om in Januarie na Suid-Afrika te kom, en sê die SA20 lyk regtig opwindend. Woakes sluit in die kompetisie aan by sy nasionale spanmaats, Joe Root en Ben Stokes. Root speel vir Paarl Royals, terwyl Stokes sy kontrak verleng het met M-I Cape Town.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-25-sent teen die dollar, 19-rand-83-sent teen die euro en 23-rand-48-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-666-dollar-31-sent. Die prys van goud is twee-duisend-388-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-13-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….