Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Ministerie van Polisie stel strategiese voorkeure vir die sewende administrasie
# Minister Schreiber sê sy departement het reeds die visum-agterstand met byna 93-duisend verminder
# En, tennis: Novak Djokovic beplan nie om uit te tree na sy nederlaag op Wimbledon nie
# Die Ministerie van Polisie sê sleutelgebiede vir die sewende administrasie sluit in laer misdaadkoerse en om die polisiediens beroepsgerig te maak. Die ministerie het op ‘n mediakonferensie gesê dis belangrik om gevorderde tegnologieë te integreer en misdaadintelligensie te versterk. Minister Senzo Mchunu sê vennootskappe met gemeenskappe en organisasies is noodsaaklik om misdaad te bestry en onwettige vuurwapens van die strate te verwyder kry voorkeur. Mchunu voeg by die veiligheid van polisiebeamptes bly noodsaaklik:
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement se toegewyde span het reeds die visum-agterstand verminder deur 92-duisend-886 aansoeke uit ‘n totaal van 306-duisend te verwerk. Dit is ‘n vermindering van 30-persent. Schreiber het die departement se begroting in die Parlement ter tafel gelê. Hy sê ‘n verdere dringende kwessie in die verbetering van die waardigheid van interaksie met Binnelandse Sake is om die aanlyn stelsel bestendig te maak:
# Die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika waarsku die nuwe tweepot-aftreestelsel se voorsiening vir toegang tot spaargeld tydens finansiële moeilikheid het aansienlike belasting-gevolge. Onttrekkings word belas teen die marginale koers, wat lede in hoër belastinggroepe kan plaas. Die vereniging lig die voorbeeld uit waarin die onttrekking van 80-duisend-rand ‘n bykomende 21-duisend-275-rand se belasting tot gevolg kan hê. Langtermyn-gevolge sluit in die verlies aan aansienlike beleggingsgroei, met 80-duisend-rand wat op ouderdom 40 onttrek word wat moontlik 121-duisend-958-rand in toekomstige waarde teen aftree-ouderdom kan beteken, sonder inagneming van inflasie.
# Tennis: Novak Djokovic beplan nie om uit te tree nadat hy totaal oorheers is deur die jong Spanjaard, Carlos Alcaraz, in gister se eindstryd op Wimbledon nie. Die 37-jarige Serwiër het in skoon stelle verloor teen die 21-jarige en kon nie die enigste speler word met 25 Grand Slam-titels nie. Djokovic sê hy wil graag volgende jaar terugkeer, en wil speel solank hy op ‘n hoë vlak kan bly. Hy jaag nou die enigste oorblywende eer wat hom ontwyk – goud op die Olimpiese Spele.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-25-sent teen die dollar, 19-rand-93-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-902-dollar-82-sent. Die prys van goud is twee-duisend-421-dollar-21-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-68-sent per vat.
# Ten slotte: Judges Matter loof die ampstermyn van hoofregter Raymond Zondo, wat binnekort tot ‘n einde kom. Die beampte vir navorsing en voorspraak, Mbekezeli Benjamin, wys op Zondo se hervorming van die Regterlike Dienskommissie, insluitend die aanvaarding van geskrewe kriteria vir onderhoude met regters. Mbekezeli het aan Newzroom Africa gesê Zondo bly ‘n sterk voorstander van die regbank en laat ‘n indrukwekkende nalatenskap vir sy opvolger, onderhoofregter Mandisa Maya:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….