Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Shell vra toestemming om aflandig van SA te boor
# ACSA gee lugvraggroei by OR Tambo ‘n hupstoot
# En, sokker: Mbappé sê die Euro-kroon is die enigste wat nog nie op sy rak is nie
# Shell doen aansoek om regeringsgoedkeuring om te boor in tot vyf velde aflandig van Suid-Afrika se Weskus. ‘n Konsep-ondersoekverslag deur SLR onthul Shell en sy gesamentlike ondernemingsvennote vereis omgewingstoestemming om te werk in die Noord-Kaapse Ultra-diep-gebied en die Oranjerivierkom. Shell wil ontginning in die gebied beproef en beoordeel, en sluit aan by ander oliemaatskappye soos TotalEnergies in die verskuiwing van die fokus suid van Namibië na onlangse ondekkings in die produktiewe Oranjekom.
# Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika verbeter pogings om lugvragbewegings by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Ekurhuleni te laat toeneem om opeenhoping te verminder en pakshuis-vermoë te laat toeneem. Die maatskappy sê die stap stem ooreen met die Afrika Kontinentale Vryehandelsgebied vir ekonomiese groei. Daarby het die maatskappy die ontwikkeling aangekondig van ‘n nuwe mid-lughawe-vragterminaal om te voldoen aan stygende vraag. Hy wil OR Tambo ontwikkel as ‘n belangrike spilpunt vir internasionale en streekslugvrag, wat ekonomiese herstel en streekshandel steun.
# Die Vereniging van Staatsamptenare waarsku oor ‘n massa-uittog van Suid-Afrikaanse verpleegkundiges na lande soos Kanada, Duitsland en Ierland vir beter geleenthede. Die vereniging vra die regering om salarisse en werksomstandighede te verbeter om verpleegkundiges te behou. Woordvoerder Claude Naiker sê die tekort, wat vererger word deur swak steun en omstandighede, bedreig gesondheidsorg. Hy voeg by daar moet onmiddellik opgetree word teen die krisis, veral met die Nasionale Gesondheidsversekering wat op hande is:
# Sokker: Die Europese kampioenskap in Duitsland het die voorlaaste ronde bereik. Nederland speel môreaand teen Engeland, en vanaand word ‘n reusestryd verwag tussen Frankryk en Spanje in München. Spanje het sy laaste ses wedstryde gewen en Frankryk het twee gewen en vier gelykop gespeel. Frankryk se kaptein, Kylian Mbappé, het nog net een doel aangeteken in Euro 2024, maar hoop om sy span na die eindstryd te laat deurdring:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-15-sent teen die dollar, 19-rand-62-sent teen die euro en 23-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-451-dollar-96-sent. Die prys van goud is twee-duisend-359-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-49-sent per vat.
# En ten slotte: Die onrus in Gauteng en KwaZulu-Natal in Julie 2021 het vandag presies drie jaar gelede begin. Meer as 350 mense is dood en miljoene-rand se skade is aan infrastruktuur aangerig. Die gewelddadige betogings van 9 tot 17 Julie het tot wydverspreide plundering en vernietiging gelei. Twee-miljoen mense is werkloos gelaat, met ‘n ekonomiese verlies van 50-miljard-rand. Die onrus het begin met betogings teen oudpresident Jacob Zuma se tronkstraf en is vererger deur die maatskaplik-ekonomiese uitwerking van Covid-19. Slegs een opstoker, Mdumiseni Khetha Zuma, is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….