Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Raad vir Geowetenskap ondersoek die moontlike oorsake van die skuddings in Johannesburg
# Die AA verwelkom die kabinet endring aan op stappe rondom vervoer en brandstofpryse
# En, rugby: Bokke stel ‘n nuwe slagkreet bekend vir die Wêreldbeker 2027
# Die Raad vir Geowetenskap ondersoek onlangse skuddings in Johannesburg, insluitend ‘n skudding van 2,6 vanoggend. Dit volg ná ‘n aardbewing met ‘n meting van drie oor die naweek. News24 se seismoloog, Eldridge Kgaswane, vermoed die skuddings kan gekoppel word aan mynhope en ou tonnels, waar bedrywighede soos wateropvangsgebiede of onwettige mynbou ondergrondse rotslae onbestendig kan maak. Dit kan dan seismiese gebeure veroorsaak. Ligte skuddings van onder drie kom algemeen in myngebiede voor, maar dit wek wetenskaplike belangstelling as dit buite hierdie sones in Johannesburg se bestendige seismiese omgewing gebeur.
# Die Outomobiel-Assosiasie het die finalisering van president Cyril Ramaphosa se kabinet verwelkom en meen dit besorg sekerheid aan sleuteldepartemente. Die woordvoerder, Layton Beard, het die behoefte aan doeltreffende leierskap van die nuwe minister van Vervoer, Barbara Creecy, en die heraangestelde minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe, beklemtoon. Beard lig ook die belangrikheid uit van die verbetering van openbare vervoer, padveiligheid en brandstofpryse. Hy doen ‘n beroep vir samewerking met burgerlike organisasies om hierdie kritieke kwessies aan te pak:
Die Landelike en Plaaswerkers-ontwikkelingsorganisasie waarsku intussen oor toenemende uitsettings en uitbuiting van plaaswerkers onder die nuutaangestelde minister van Landbou, John Steenhuisen. Die organisasie kritiseer die DA se swak verhouding met vakbonde en gebrek aan deernis vir plaaswerkers. Die uitvoerende direkteur, Billy Claasen, vra onmiddellike regerings-optrede om die regte van plaaswerkers te beskerm te midde van vrese van verwaarlosing en verhoogde kwesbaarheid onder die nuwe leierskap:
# Rugby: Die Springbokke het ‘n nuwe slagkreet bekendgestel in die aanloop tot die volgende Wêreldbekertoernooi in Australië in 2027, waar hulle ‘n derde agtereenvolgende titel wil inpalm. Suid-Afrikaners word versoek om Vir Altyd Groen, Vir Altyd Goud te kies om te onderstreep die land is inderdaad sterker wanneer die mense saam staan. Volgens die Bokke het hulle die Wêreldbeker die vierde keer verower met spelers met vyf verskillende moedertale, wat die oortuiging saamvat dat verskeidenheid ‘n magtige wapen is indien daar eensgesindheid is.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-20-sent teen die dollar, 19-rand-55-sent teen die euro en 23-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-551-dollar-68-sent. Die prys van goud is twee-duisend-327-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-38-sent per vat.
# Ten slotte: ‘n Italiaanse videospeletjie-tiener sal die Katolieke Kerk se eerste millenniër heilige word nadat sy saak vir heiligverklaring deur kerkowerhede goedgekeur is. Carlo Acutis is in 2006 aan leukemie dood op die ouderdom van 15. Hy was bekend omdat hy sy rekenaarvaardighede gebruik het om bewusmaking oor die Katolieke geloof te versprei, en sy bynaam was God se Beïnvloeder. Carlo word gekoppel aan die genesing van twee kinders nadat daar tot hom gebid is. Sy heiligverklaring sal waarskynlik volgende jaar tydens die Katolieke Kerk se jubileumviering plaasvind.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….