Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 27 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Automobiel-Assosiasie verwag ‘n brandstof-prysverlaging in Julie
# Die VN stuur medelye aan Suid-Afrika oor die dood van soldate in die DRK
# En, tennis: Suid-Afrika se Lloyd Harris kwalifiseer vir Wimbledon
# Die Automobiel-Assosiasie verwag aansienlike prysverlagings volgende maand gebaseer op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds. Die prys van petrol kan met ongeveer een-rand-per-liter daal terwyl die pryse van diesel en lampolie onderskeidelik met sowat 20-sent-per-liter en 25-sent-per-liter kan daal. ‘n Woordvoerder, Eleanor Mavimbela, wys daarop dit is die tweede agtereenvolgende maandelikse daling en sal verbruikers en die ekonomie bevoordeel:
# Die VN se hoof van Vredesmagte, Jean-Pierre Lacroix, het medelye met Suid-Afrika betuig nadat twee soldate dood en 20 in ‘n rebelle-aanval in Noord-Kivu, in die DRK beseer is. Lacroix het voortdurende koördinering beklemtoon te midde van ingewikkelde veiligheidsuitdagings. Lacroix sê die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sal binnekort toekomsplanne aan die Veiligheidsraad voorlê:
# Die polisie in Hibberdene, Kwazulu-Natal, ondersoek die teregstelling van drie mense wat vanoggend in ‘n motor by Mthwalume gery het. Volgens berigte het die slagoffers pas die plaaslike hof verlaat en is in ‘n lokval deur verdagtes in twee voertuie gelei. Die aanvallers het losgebrand en al drie insittendes is op slag dood voor die verdagtes op die vlug geslaan het. Die oorledenes is glo van hul vuurwapens beroof. Die motief is steeds onduidelik.
# Die polisie in Kenia het weer rubberkoeёls en traanrook op betogers in Nairobi afgevuur met betogers wat hulle protesaksie voortsit ten spyte daarvan dat president William Ruto na dodelike protesaksie omstrede belastingverhogings teruggetrek het. Die protes word hoofsaaklik deur jong Keniane gedryf en het owerhede onkant betrap. Ruto se regering se reaksie wissel tussen strenger opgetrede teen die onrus en uitnodigings tot gesprekvoering. Talle betogers drom in die sakekern van die stad saam. Soldate en onlustepolisie versper die ingange van paaie na Ruto se kantoor.
# Tennis: Lloyd Harris van Suid-Afrika het vir die hoofloting op Wimbledon gekwalifiseer. Hy het op die laaste kwalifiseringsdag die Fransman, Hugo Grenier, met 6-4, 6-2, 3-6 en 7-6 geklop en is deur na die eerste ronde aanstaande week. Harris was lank op die herstelpad. Hy het in 2022 belangrike polschirurgie ondergaan en was onlangs vir die eerste keer in 21 maande weer onder die top 100 op die ATP-ranglys. Harris het onlangs sy eerste grasbaantitel verower en is slegs die vierde speler dié seisoen om drie ATP Uitdagertoer-titels in te palm:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-76-sent teen die euro en 23-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-266-dollar-98-sent. Die prys van goud is twee-duisend-326-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-30-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….