Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema ontken hy het lewens in gevaar gestel by die EFF se 5de bestaansjaar-vieringe in 2018
# Die Verkiesingskommissie bevestig ‘n poging tot ongemagtigde pakhuis-betreding
# En, tennis: Osaka, Wozniacki, Kerber en Raducanu promotorskeuses vir Wimbledon
# Die EFF-leier, Julius Malema, het bewerings ontken hy het lewens in gevaar gestel deur ‘n skoot in die lug af te vuur tydens die EFF se vyfde verjaarsdagvieringe in 2018 op die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane. Malema en sy medebeskuldigde, Adriaan Snyman, staan tereg in die Streekhof in Oos-Londen. Hy voer aan niemand het ‘n saak teen hom geopen nie en ontken bewerings van intimidasie:
# Die Verkiesingskommissie het ‘n poging gister tot ongemagtigde toegang by sy Gautengse provinsiale pakhuis bevestig. Onbekende individue het tydens die vervoer van goedere vanaf ‘n plaaslike stoorplek in Johannesburg ingemeng en probeer ingaan met hul aankoms by die pakhuis. Niks is geneem nie. Die Kommissie prys die polisie se vinnige reaksie, wat die personeel se veiligheid en materiële integriteit verseker het. Die polisie stel ondersoek in.
# Namibië se Ministerie van Toerisme, Bosbou en die Omgewing, het ‘n noodlottige olifantaanval aangemeld waarby ‘n gerespekteerde professionele jagter, Gert van der Walt, Maandag betrokke was. Van der Walt, wat ‘n trofeejagpermit laat uitreik het nadat die olifant as ‘n probleemdier verklaar is, is noodlottig beseer. ‘n Woordvoerder, Romeo Muyunda, sê Van der Walt was altyd beskikbaar wanneer die Ministerie hom nodig gehad het, veral tydens konflikoplossing tussen mens-en-dier:
# Maleisië het sy voorneme bekendgemaak om deel te word van die BRICS-groep ontluikende ekonomieë. Eerste minister, Anwar Ibrahim, het aan Chinese media gesê die land sal by die groep aansluit wat onlangs vergroot is met die insluiting van Saoedi-Arabië, Iran, Ethiopië, Egipte, Argentinië en die Verenigde Arabiese Emirate. Volgens Anwar is Maleisië besig om die formele prosesse te voltooi. Die aankondiging val saam met die besoek aan Maleisië van die Chinese premier, Li Qiang, ter viering van 50 jaar se diplomatieke betrekkinge.
# Tennis: Naomi Osaka van Japan is een van vier Grand Slam-toernooikampioene wat as promotorskeuses ingesluit is by die hoofloting vir aanstaande maand se vroue-enkelspel by Wimbledon. Die 26-jarige voormalige wêreld nommer een en tweemalige wenner van sowel die Australiese as die Amerikaanse Ope speel die eerste keer in vyf jaar in die hoofloting op Wimbledon, sedert sy ‘n ma geword het. Die voormalige Australiese Ope-kampioen, Caroline Wozniacki, die Wimbledon-kampioen van 2018, Angelique Kerber, van Duitsland en die plaaslike gunsteling, Emma Raducanu, is ook promotorskeuses.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-98-sent teen die dollar, 19-rand-32-sent teen die euro en 22-rand-88-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-929-dollar-19-sent. Die prys van goud is twee-duisend-326-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….