Nuus 18:00
BULLETIN 6 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Nuwe Parlement en president sal aangestel word na grondwetlike prosedures
# Numsa waarsku ‘n DA-koalisie sal die werkersklas skaad
# En, sokker: Bafana kom na vlugvertragings in Nigerië aan vir ‘n deurslaggewende Wêreldbekerkwalifiseerder
# Die Verkiesingskommissie het amptelik die lys van verkose lede van die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers aan hoofregter Raymond Zondo oorhandig. Regter Cagney Musi het op die plegtigheid in die Konstitusionele Hof in Johannesburg gesê dit is ‘n belangrike mylpaal in die demokratiese proses en verseker ‘n soomlose oordrag van mag binne die voorgeskrewe tydsbestek van 14 dae na die verkiesing:
Intussen is die metaalwerkersvakbond Numsa sterk gekant teen die gedagte aan ‘n koalisie tussen die ANC en die DA. Die vakbond kritiseer die DA se anti-werkersbeleid, wat die sny van werkerbeskerming en subsidies insluit. Die woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die regerende party moet met progressiewe partye saamwerk om werkloosheid, armoede en ongelykheid te pak, en dreig met massa-optrede as ‘n ANC/DA-koalisie gevorm sou word:
# Westerse leiers het vandag 80 jaar herdenk sedert D-Dag in Noord-Frankryk om Europa van Nazi-besetting te bevry. Dit volg te midde van die oorlog wat nou reeds meer as twee-jaar woed na Rusland se inval in Oekraïne. Die Amerikaanse leier, Joe Biden, koning Charles van Brittanje en die Kanadese premier, Justin Trudeau, het hulde gebring aan die tien-duisende geallieerde soldate wat op die strande van Normandië geland het. Geen Russiese amptenare was teenwoordig nie, ondanks die beslissende Sowjet-bydrae om Nazïsme te verslaan in die Tweede Wêreldoorlog.
# Sokker: Bafana Bafana het uiteindelik in Uyo, Nigerië, aangekom vir môre se deurslaggewende Wêreldbeker-kwalifiserende wedstryd teen die Super Eagles. Die span moes ‘n dag vroeër aangekom het, maar het vertragings uit Suid-Afrika ondervind. Die spelers moes die nag in Port Harcourt deurbring nadat die lughawe in Uyo gesluit is. Afrigter Hugo Broos glo sy span is goed voorberei ondanks die reisprobleme. Bafana speel Dinsdag in Bloemfontein teen Zimbabwe. Net die groepswenners dring outomaties deur na die Wêreldbekertoernooi.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-97-sent teen die dollar, 20-rand-63-sent teen die euro en 24-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-133-dollar-79-sent. Die prys van goud is twee-duisend-363-dollar-7-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-11-sent per vat.
# En, die uitvoerende hoof van Eskom, Dan Marokan,e verwerp aansprake dat die kragvoorsiener te veel staatmaak op diesel-aangedrewe turbines om beurtkrag te vermy. Hy het die jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Energievereniging toegespreek en bevestig die land is nou reeds 71 dae sonder kragonderbrekings. Marokane skryf dit toe aan Eskom se Opwekkingsherstelplan, gerugsteun deur die Tesourie se reddingsboei van 254-miljard-rand. Hy waarsku egter dat nuwe privaat sektor vennootskappe en Eskom-vermoë nodig is om beurtkrag te beëndig. Die uitvoerende hoof is dié week reeds 100 dae in die pos.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….