Nuus 18:00
BULLETIN 11 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC belowe strenger optrede teen korrupsie en swak munisipale bestuur
# ‘n Vrou word gered 36 uur na die aardbewing in Colombia
# En sokker, Cristiano Ronaldo trou met sy jarelange lewensmaat, Georgina Rodríguez
# Die ANC sê hy sal strenger stappe teen korrupsie en swak bestuur in munisipaliteite neem as deel van sy 2026 plaaslike regeringsverkiesingsmanifes. Stella Ndabeni-Abrahams van die party sê die ANC beplan ook om toesig te verskerp, om te verhoed dat amptenare wat weens wangedrag afgedank is tussen munisipaliteite beweeg, en om dienslewering te verbeter deur meer doeltreffende en deursigtige plaaslike regering:
# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê enigiemand wat probeer om hierdie naweek die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-beraad in Durban, KwaZulu-Natal te ontwrig, sal in hegtenis geneem word. Die waarskuwing volg op planne deur die groep teen onwettige migrasie, March and March, om te betoog tydens die 46ste SAOG-beraad by die Inkosi Albert Luthuli Internasionale Konferensiesentrum. Die medevoorsitter van die Intelligensiestruktuur, Tebello Mosikili, sê geen ontwrigtings sal geduld word nie:
# Die adjunkdirekteur van Ondersoeke van die KwaZulu-Natal Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Len John, het aan die Madlanga-kommissie onthul dat sommige polisietaakspanne moontlik in taxi-verwante konflikte gebruik is. John het vrae gevra oor hoe beamptes ‘n taxi-eienaar opgespoor het wat weggekruip het nadat hy deur mededingers gdreig is. John het ook bevraagteken of mededingende taxi-operateurs die polisie oor sy bewegings kon inlig, wat kommer oor moontlike sameswering laat ontstaan:
# ‘n Twee-en-dertigjarige vrou is na 36 uur lewend uit die puin gered na ‘n aardbewing van 7,4 in die weste van Colombia. Daniela Largo is na ‘n tien-uur lange reddingspoging uit ‘n ineengestorte gebou in Pereira gehaal. Brandbestryders het twee tonnels gegrawe en een gebruik om suurstof te verskaf voordat hulle haar deur die tweede tonnel bevry het. Ten minste 188 mense is dood, terwyl honderde steeds vermis word. In Pereira alleen het 92 geboue ineengestort. Reddingspanne soek steeds na oorlewendes in verskeie stede, insluitend Cali, waar meer as 200 mense steeds vasgekeer is.
# Sokker: Die Portugese superster Cristiano Ronaldo is met sy jarelange lewensmaat, Georgina Rodríguez, getroud in ‘n burgerlike seremonie met hulle kinders teenwoordig. Ronaldo het altesaam vyf kinders, twee saam met Rodríguez, en sy het ook gehelp om sy ander drie kinders groot te maak. Hulle is al tien jaar saam en het verlede jaar hul verlowing aangekondig. Die 41-jarige Portugese kaptein het ‘n glinsterende loopbaan beleef. Hy het vyf Ballon d’Or-toekennings gewen en amper ‘n duisend doele aangeteken. Hy is tot volgende jaar gekontrakteer by die Saoedi-Arabiese klub Al-Nassr.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-10-sent teen die dollar, 18-rand-60-sent teen die euro en 21-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-742-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-436-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 91-dollar-33-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….