Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 28 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika sluit aan by die wêreldwye veroordeling van Israel se aanval in Rafah
# Noorweë, Spanje en Ierland erken amptelik die Palestynse staat
# En, tennis: Djokovic begin sy Franse Ope-veldtog met lae verwagtinge en baie hoop
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het by die internasionale gemeenskap aangesluit om wat hy noem Israelse magte se betreurenswaardige en wrede aanvalle op onskuldige burgerlikes in Rafah te veroordeel. Die departement sê hierdie dodelike aanvalle het plaasgevind in ‘n aangewese veilige sone vir Palestyne wat ontwortel is, en gelei tot die dood van tientalle mense, insluitend vroue en kinders. Die departement is diep bekommerd oor die voortdurende teiken van noodsaaklike instellings in Gasa, wat humanitêre hulp in gevaar stel. Woordvoerder Clayson Monyela het die regering se steun oor geregtigheid vir Palestina herhaal.
Noorweë het intussen vandag se erkenning van ‘n Palestynse staat as ‘n spesiale dag geprys en Israel se gebrek aan opbouende toewyding vir ‘n tweestaat-oplossing veroordeel. Die minister van Buitelandse Sake, Espen Barth Eide, sê Noorweë is al meer as 30 jaar een van die vurigste verdedigers van ‘n Palestynse staat. Die stap is met Spanje en Ierland gekoördineer, en Noorweë het verlede week aangekondig hy sal die staat Palestina van vandag af formeel erken. Israel het die besluit bestempel as ‘n beloning aan Hamas vir die meer as sewe maande van die verwoestende oorlog in Gaza.
# Limpopo se LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid, Florence Radzilani, het die ongelukstoneel besoek waarin die dood van 13 mense bevestig is. Die ongeluk het vroeg vanoggend op die R521 in Kalkbank tussen Polokwane en Dendron gebeur toe ‘n vragmotor en taxi teen mekaar gebots het. Radzilani het bevestig niemand het die ongeluk oorleef nie. Sy het haar meegevoel uitgespreek met die naasbestaandes van die slagoffers:
# Tennis: Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, begin vandag sy Franse Ope-veldtog met die hoop om sy 25ste Grand Slam-titel te verower. Die 37-jarige Serwiër speel in die aandskof in Parys teen die Franse promotorskeuse, Pierre-Hugues Herbert. Djokovic is die verdedigende kampioen op Roland Garros, maar het sy spelpeil verloor en het vanjaar nog nie in ‘n enkele eindstryd gespeel nie. Hy sê hy het lae verwagtinge, maar baie hoop:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-32-sent teen die dollar, 19-rand-91-sent teen die euro en 23-rand-41-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-54-dollar-58-sent. Die prys van goud is twee-duisend-348-dollar-37-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-34-sent per vat.
# En ten slotte: Die Internasionale Vereniging vir Natuurbewaring berig dat afgesien van swartrenosters kan baie spesies in Suid-Afrika ook uitsterf. Die Knysna-seeperdjie word as bedreig gelys weens die verlies aan habitat en die Afrika-wildehond is ‘n slagoffer van die konflik tussen mens en wilde dier. Daarbenewens is die Kaapse kloulose otter op die randjie van bedreiging met getalle wat daal weens die vernietiging van habitat. Die vereniging sê klimaatsverandering en menslike konflik bedreig ‘n wye reeks van die Suid-Afrikaanse bioverskeidenheid.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….