Nuus 18:00
BULLETIN 22 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die OVK moes kophou na die wysigings aan die Kieswet
# Microsoft beloof 1,3-miljard-rand aan die regering vir ondersteuning van ondernemings in swart besit
# En, rugby: Ashwin Willemse keer terug na die televisie as ‘n rugby-ontleder
# Die kommissaris van die Verkiesingkommissie, Dhaya Pillay sê daar was aansienlike uitdagings voor die algemene en provinsiale verkiesing, met verskeie hofsake. Pillay het by die bekendstelling van die nasionale uitslagsentrum by Gallager Estate in Midrand, Gauteng, teruggedink aan die wipwarit na wysigings aan die Kieswet, met hofsake en regstruikelblokke. Sy is verlig en verheug oor die suksesvolle stemmery by 111 oorsese stempunte:
# Die tegniese reus Microsoft het ‘n fonds van 1,3-miljard-rand aangekondig om Suid-Afrikaanse ondernemings in swart besit ‘n hupstoot te gee. Die fonds, deel van ‘n swart ekonomiese bemagtigingsooreenkoms met die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging, sal fokus op vaardigheidsontwikkeling en die ondersteuning van swart ondernemings. Die belegging sal jong, swart Suid-Afrikaners en klein en medium ondernemings in die tegnologiesektor ondersteun, met die fokus op kunsmatige intelligensie en kuberveiligheid. Die belegging, wat oor die volgende tien-jaar ontplooi gaan word, sal armoede, ongelykheid en werkloosheid aanpak.
# Die Presidensie en die Nasionale Tesourie het ‘n vorderingsverslag bekendgestel oor ekonomiese hervormings onder Operasie Vulindlela. Die operasie is van stapel gestuur as deel van die Ekonomiese Heropbou- en Herstelplan en wil strukturele hervorming versnel vir ekonomiese groei en werkskepping. Die direkteur-generaal van die Presidensie, Phindile Baleni, verduidelik die verslag lig aansienlike prestasies uit in sleutelsektore soos energie, logistiek, water en telekommunikasie:
# Rugby: Die oud-Springbok Ashwin Willemse gaan aan ‘n weeklikse televisieprogram op eExtra deelneem – ses jaar nadat hy van ‘n SuperSport-stel gestorm het. Hy het sy mede-ontleders Nick Mallett en Naas Botha in 2018 van rassisme beskuldig, maar hulle is vrygespreek na ‘n onafhanklike ondersoek. Die Menseregtekommissie het ook sy ondersoek gesluit nadat Willemse nie reageer het op vrae nie. Willemse sal elke Sondagaand ‘n ankeraanbieder wees van die program, BÔll & Ôll. Dit sal hoofsaaklik plaaslike rugby dek.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-20-sent teen die dollar, 19-rand-72-sent teen die euro en 23-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-775-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-392-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-86-sent per vat.
# En, ‘n Britse parlementslid is staande toegejuig in die parlement met sy eerste bywoning sedert albei sy hande en voete afgesit is weens bloedvergiftiging. LP’s het gejuig toe Craig Mackinlay, wat homself die bioniese LP noem, sy sitplek in die Laerhuis ingeneem het. Daar is verlede jaar in September met die 57-jarige verteenwoordiger van die Konserwatiewe Party na die hospitaal gejaag en hy was 16 dae lank in ‘n medies-toegepaste koma voordat hy in Desember die vierledige amputasie ondergaan het. Hy het nou prostetiese hande en bene.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….