Nuus 18:00
BULLETIN 9 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Patriotic Alliance eis ‘n ondersoek na die bouperseelramp in George
# Die Olimpiese fakkel begin sy reis van Marseilles na Parys
# En die Roos van Soweto word ter ruste gelê
# Die Patriotic Alliance eis ‘n deeglike ondersoek na die intuimeling van ‘n gebou in George. Volgens die party beweer verklikkers beamptes is stilgemaak en bouplanne is sedert 2021 verander. Die PA vra ‘n ondersoek na moontlike finansiële bande tussen die DA en sleutelrolspelers in die Neo Trend-projek. Die party kritiseer die aanstel van buitelandse werkers te midde van ‘n plaaslike arbeidskrisis, met een van die slagoffers wat uitgeken is as ‘n 18-jarige Malawiër, Gift Kasonda. Die PA-leier, Gayton McKenzie, sê president Cyril Ramaphosa moet ‘n onafhanklike ondersoek gelas.
Intussen moedig die minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, die werkgewers van die konstruksiemaatskappy aan om met die betrokke families te kommunikeer. Maandag se tragedie het minstens agt lewens geëis en tientalle mense is beseer of vasgekeer. Nxesi vra leiers om te verenig en te help met die reddingspoging. Hy beklemtoon die behoefte aan maatskaplike beskerming en vergoeding wanneer almal gered en uitgeken is:
# Die Suid-Koreaanse president, Yoon Suk Yeol, het planne aangekondig vir die vestiging van ‘n nuwe ministerie om die land se geboortesyfer te verbeter, wat tans die wêreld se laagste is. Ten spyte van aansienlike aansporings, het die geboortesyfer verlede jaar ‘n rekordlaagtepunt bereik. Die voorgestelde Ministerie van Beplanning teen Lae Geboortesyfers sal hierdie demografiese krisis moet aanpak. Die land se vrugbaarheidsyfer het verlede jaar tot 0,72 gedaal. Yoon se aankondiging toon die dringende behoefte om die neiging om te keer en ‘n volhoubare bevolking vir die toekoms te verseker.
# Olimpiese Spele: Die OIimpiese fakkel het vandag sy reis van 12-duisend-kilometer deur Frankryk en sy oorsese gebiede in die suidelike stad Marseilles afgeskop nadat dit gister uit Griekeland aangekom het op ‘n 19de-eeuse seilskip. Die vaartuig is gevolg deur honderde klein bote terwyl vliegtuie die Olimpiese sirkels en die Franse vlag in die lug uitgebeeld het. Die organiseerders van die Spele in Parys hoop die aflos, wat op 26 Julie in die hoofstad eindig, sal geesdrif aanwakker onder die Franse na ontevredenheid oor kaartjiepryse.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand-89-sent teen die euro en 23-rand-8-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-290-dollar-56-sent. Die prys van goud is twee-duisend-304-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-80-sent per vat.
# En, die voormalige driemalige bokswêreldkampioen Dingaan Thobela, bekend as ‘Die Roos van Soweto’, is vanmiddag in die Wespark-begraafplaas in Johannesburg ter ruste gelê. Thobela, wat verlede Maandag op 57 oorlede is, is vereer met ‘n Kategorie 2 provinsiale staatsbegrafnis vir sy aansienlike bydrae tot sport. Nog ‘n gewese bokswêreldkampioen, Brian Mitchell, het Thobela geprys as een van Suid-Afrika se beste vegters en ‘n legende wat diep gemis word:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….