Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 29 April 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Presidensie verdedig die klaringsproses van die SABC-nuushoof
# Motorfietsryers is versoek om die padreëls na te kom te midde van toenemende noodlottige ongelukke
# En, rugby: Van Heerden bring kalmte na die Junior Bok-groep
# Die Presidensie verwerp bewerings dat die Staatsveiligheidsagentskap die nuushoof van die SABC, Moshoeshoe (Moshweshwe) Monare (Moenarê), teiken. Dit kom te midde van bewerings van geteikende klaring voor die verkiesing. Volgens die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, ondergaan Monare ‘n roetine-klaringsproses, wat standaard is vir alle SABC-bestuurders. Hy sê Monare se klaring het tot stilstand gekom omdat hy weier om ‘n poligraaftoets te ondergaan, wat deel is van die proses:
# Motorfietsryers word versoek om te midde van toenemende noodlottige ongelukke by die padreëls te hou. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap het 12-duisend jaarlikse noodlottige ongelukke op nasionale paaie aangemeld, met meer as 40-persent waarby voetgangers en motorfietsryers betrokke is. SANRAL se woordvoerder, Progress Hlahla, skryf hierdie voorvalle toe aan hoë spoed, onvoldoende veiligheidsmaatreëls en roekelose bestuursgedrag:
# SA Toerisme het onreëlmatige betalings aan die lig gebring met fakture ten bedrae van 35-miljoen-rand wat verwerk is net voor die vorige boekjaar in Maart 2023 geëindig het. Hierdie transaksies, onder die toesig van bestuurders wat nie meer by die organisasie is nie, en ‘n media-agentskap betaal het, is tydens ‘n hersiening uitgelig. Die ontdekking het gelei tot ‘n interne oudit en verslagdoening aan die Ouditeur-generaal. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê die hele bedrag is nou verhaal. Sy beklemtoon aanspreeklikheid en deurlopende toesigmaatreëls.
# Die Franse polisie het die silwerdoeklegende, Gerard Depardieu, vir ondervraging aangekeer nadat twee vroue hom van seksuele aanranding beskuldig het. Die persagentskap, AFP, berig die 75-jarige akteur, wat in meer as 200 rolprente en televisiereekse opgetree het, is in 2020 van verkragting aangekla. Hy is gedwing om verlede jaar sy loopbaan tydelik te staak terwyl bewerings van seksuele teistering en aanranding teen hom toegeneem het. Die polisie gaan Depardieu ondervra oor twee vroue wat beweer hy het hulle aangerand, die een in 2014 op ‘n filmstel en die ander in 2021 tydens die vervaarding van nog ‘n rolprent.
# Rugby: Wanneer die Junior Springbokke Donderdag hulle veldtog in die Onder-20 Rugbykampioenskap teen Nieu-Seeland in die Sunshine Coast-stadion afskop, sal hulle staat maak op die kalmte van die reuseslot, JF van Heerden. Volgens SA Rugby het Van Heerden, wat 2,01 meter in sy sokkies staan, ondervinding van internasionale spel. Hy was een van die uitblinkers in Bafana Nhleko se groep wat verlede jaar derde geёindig het in Wêreldrugby se Onder-20-kampioenskap in Kaapstad.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-68-sent teen die dollar, 20-rand-1-sent teen die euro en 23-rand-41-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-220-dollar-14-sent. Die prys van goud is twee-duisend-335-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 87-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….