Nuus 18:00
BULLETIN 26 April 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Verkiesingshof gee redes waarom Zuma se tronkstraf kragtens die Grondwet nie ‘n vonnis is nie
# Die DA-leier daag Ramaphosa uit tot ‘n voorverkiesingsdebat
# En sokker, Mamelodi Sundowns veg om die CAF Kampioeneliga-eindstryd te haal
# Die Verkiesingshof het sy redes verskaf vir die beslissing dat oudpresident Jacob Zuma kwalifiseer as kandidaat in die verkiesing. Die hof het vroeër beslis Zuma se tronkstraf van 15 maande vir minagting van die hof is nie ‘n vonnis ingevolge die Grondwet nie. Hierdie besluit is gebaseer op die grondwetlike bepaling wat individue wat skuldig bevind is aan ‘n misdryf en tot meer as 12-maande tronkstraf gevonnis is, diskwalifiseer, maar eers nadat die appèlproses afgehandel is of die tyd vir appèl verstryk het. Die Verkiesingskommissie appelleer in die Konstitusionele Hof teen die uitspraak.
Die DA-leier, John Steenhuisen, het intussen vir president Cyril Ramaphosa uitgedaag tot ‘n voorverkiesingsdebat, ná die onthulling van die party se nuwe ekonomiese beleid in Johannesburg. Steenhuisen glo eerlike gesprekke en debatte rakende die land se ekonomie en werkskepping is noodsaaklik. Hy het vertroue uitgespreek in die DA se beleid en die gereedheid om hierdie kwessies met Ramaphosa te bespreek:
# Impala Platinum het die aanvang van ‘n raadplegings-proses vir personeelvermindering by sy Suid-Afrikaanse bedrywighede aangekondig, waarin byna vier-duisend poste geraak kan word. Die uitvoerende hoof, Nico Muller, noem die dalende platinumgroep-metaalpryse en aanhoudende inflasionêre druk as die sleutelfaktore wat winsgewendheid beïnvloed. Finansiële uitdagings duur voort ten spyte van vorige kostebesparingspogings, wat maatreëls noodsaak om bedryfsdoeltreffendheid optimaal te laat werk. Die toekomstige werksekerheid van die hele arbeidsmag bly onseker te midde van wêreldwye ekonomiese onsekerheid en geopolitiese spanning.
# Die Europese Unie het aangekondig hy gee ‘n bykomende 1,4-miljard-rand om broodnodige hulp aan Palestyne in Gaza te verskaf. Die gebied is verwoes deur Israeliese bomaanvalle en grondoperasies na ‘n aanval deur Hamas meer as ses maande gelede. Die burgerlike bevolking van twee-miljoen mense het dringend humanitêre hulp nodig om te oorleef.
# Sokker: Mamelodi Sundowns sal vanaand probeer om die eindstryd van die CAF Kampioeneliga vir ‘n derde keer te haal. Hulle sal Esperance op Loftus Versfeld pak in hul tuiswedstryd van die halfeindronde-kragmeting. Die Tunisiërs het die eerste wedstryd een-nul gewen. Hulle die eindstryd reeds agt keer gehaal het en die toernooi by vier geleenthede gewen. Sundowns is in 2016 as Afrika-kampioene gekroon en die afrigter, Rhulani Mokwena, hoop om daardie sukses te herhaal:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-77-sent teen die dollar, 20-rand-8-sent teen die euro en 23-rand-44-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-613-dollar-26-sent. Die prys van goud is twee-duisend-341-dollar-29-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-96-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….