Nuus 17:00
BULLETIN 9 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris se bewerings word na drie belangrike parlementêre komitees verwys
# RISE Mzansi moedig Ramaphosa aan om daadwerlike belangstelling in nasionale sekerheid te toon
# En rugby: Die Leeus is steeds onoorwonne in Australië na hulle oorwinning oor die Brumbies
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het drie parlementêre komitees gevra om dringend ondersoek in te stel na die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings, insluitend van politieke inmenging deur die minister van Polisie, Senzo Mchunu. Die komitees oor Polisie en oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, en die gesamentlike staande komitee oor Intelligensie is versoek om die bewerings te bekyk wat nasionale veiligheidskwessies behels. Didiza sê dis nie gepas om nou ‘n parlementêre debat oor die saak te voer nie, omdat daar nog nie bewyse is nie.
# Die leier van RISE Mzansi, Songezo Zibi, sê president Cyril Ramaphosa moet ‘n daadwerklike verbintenis tot nasionale sekerheid toon. Hy het tydens die begrotingsdebat van Verdediging en Militêre Veterane kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se verouderde militêre toerusting en die gebrek aan ‘n duidelike Nasionale Sekerheidstrategie gekritiseer. Zibi vra nuwe leierskap vir die gewapende magte, en verwys na korrupsie en wanbestuur. Hy beklemtoon dat sy party ‘n groter verdedigingsbegroting sal ondersteun as bestuur verbeter en ‘n samehangende strategie in die Parlement voorgelê word om die moderne uitdagings die hoof te bied.
Die EFF verwerp die begroting en noem dit verraad teen soldate en veterane. Carl Niehaus van die EFF het in die Nasionale Vergadering gesê 57-miljard-rand is aan Verdediging toegeken en slegs 878-miljoen-rand aan veterane, wat nasionale veiligheid en waardigheid faal. Hy het die krisis by Denel en Armscor gekritiseer, en sê ministeriële beloftes is steeds nie vervul nie. Niehaus eis die vestiging van ‘n Verdedigingsberaad, strategiese hersiening en ‘n hersiene begroting van 114-miljard-rand:
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus is steeds onoorwonne op hul Australiese toer nadat hulle die Brumbies 36-24 geklop het in Canberra. Die besoekers het ‘n rustydvoorsprong van 19-10 gehad en uiteindelik die gashere met vyf drieë teenoor vier geklop. Die Brumbies was die enigste span wat die Leeus kon klop op hulle vorige toer in 2013. Die Leeus speel hierdie naweek in Adelaide teen ‘n gesamentlike Australies-Nieu-Seelandse span en die eerste toets teen die Wallabies vind volgende Saterdag in Brisbane plaas.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-78-sent teen die dollar, 20-rand-84-sent teen die euro en 24-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-635-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-298-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 69-dollar-31-sent per vat.
# En laastens, dit is Geestesgesondheidsbewustheidsmaand in Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep, SADAG, doen ‘n beroep op werkgewers om voorkeur te gee aan die geestesgesondheid van werknemers. Tracy Feinstein van SADAG sê die openlike hantering van geestesgesondheidsprobleme en die vermindering van die stigma daaroor, moet ‘n spanpoging wees. Sy het aan die SABC gesê ‘n werksomgewing wat sielkundige welstand aanmoedig verhoog nie net werksbevrediging nie, maar gee ook produktiwiteit en skeppendheid ‘n hupstoot:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….