Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Verkiesingspeiling toon politieke onsekerheid
# Die ministerie van Polisie fokus op gemeenskapsimbizo in misdaadbrandpunte
# En, tennis: ‘n Spaanse speler word geskors vir 15 jaar weens wedstrydknoeiery
# Die Maatskaplike Navorsingstigting toon dalende steun vir die regerende ANC slegs ses weke voor die verkiesing op 29 Mei. News24 berig die peiling toon die MK-party, met die steun van oudpresident Jacob Zuma, kan die derde grootste in die land word. Die stigting het dié maand een-duisend-835 geregistreerde kiesers ondervra. Daarvolgens sal die steun vir die ANC na verwagting ongeveer 37-persent wees, met die DA op 25-persent. Die MK-party kan 13-persent kry en die EFF 11-persent. Die regerende party sal moontlik ‘n koalisie met ‘n groot party moet vorm om beheer te behou.
# Die Ministerie van Polisie is daarop ingestel om gemeenskaps-wetstoepassing in misdaadbrandpunte regoor drie provinsies te verskerp. Woordvoerder Lirandzu Themba verwys na Operasie Shanela wat tot 500-duisend inhegtenisnemings gelei het. Volgens Themba sal die minister van Polisie, Bheki Cele, môre, Vrydag en Sondag die gemeenskapsimbizo in onderskeidelik KwaZulu-Natal, Gauteng en die Wes-Kaap lei waar ernstige misdaad bespreek sal word:
# Die DA sê hy werk om goeie dienste te verseker vir die inwoners van Knysna in die Wes-Kaap. Die party steun die regering se besluit om die munisipaliteit strafregtelik aan te kla omdat opdragte ignoreer is. Volgens die party het ‘n koalisie van korrupsie die munisipaliteit op sy knieë gedwing, met rommel wat ophoop en riool wat uitlek. Dion George van die DA sê indien nodig, sal hulle strafregtelike klagtes indien teen die munisipale bestuurder, Ombali Sebola:
# Tennis: Die Spaanse speler, Aaron Cortes, is vir 15 jaar uit die spel geskors weens wedstrydknoeiery. Die Internasionale Agentskap vir Integriteit in Tennis sê hy het 35 oortredings van die Tennis-teenkorrupsieprogram erken vanaf 2016 tot ’18. Daar is bevind hy het die uitslag van wedstryde bewimpel, geld daarvoor ontvang, nagelaat om voorgestelde korrupsie aan te meld, en geld aan beamptes verskaf in ruil vir ‘n plek as ‘n promotorskeuse. Cortes is met sowat 1,4-miljoen-rand beboet waarvan die meeste opgeskort is. Sy beste plek op die wêreldranglys was 955ste in 2017.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-68-sent teen die dollar, 20-rand-13-sent teen die euro en 23-rand-54-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-797-dollar-12-sent. Die prys van goud is twee-duisend-326-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 90-dollar-12-sent per vat.
# Ten slotte: Die tweemalige Oscar-wenner Renee Zellweger is terug in Bridget Jones: Mad About The Boy, saam met Hugh Grant as die onnutsige Daniel Cleaver. Emma Thompson speel weer Bridget se verloskundige, met die ster van 12 Years A Slave, Chiwetel Ejiofor, en die One Day-akteur Leo Woodall wat by hulle aansluit. Mark Darcy, gespeel deur Colin Firth, is dié keer nie daar nie. In die vierde fliek is Bridget ‘n weduwee in haar vyftigs met twee kinders, nadat Mark ‘n paar jaar vroeër dood is. Die rolprent gaan op Valentynsdag volgende jaar in Amerika vrygestel word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….