Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die OVK bevestig Zuma voldoen nie aan die vereistes vir ‘n setel in die Nasionale Vergadering nie
# Die Azanian Independent Community Movement onttrek aan die algemene verkiesing
# En, gholf: ‘n Eerste prys van 75-miljoen-rand vir Dean Burmester in die LIV-gholf Miami-toernooi
# Die Verkiesingskommissie sê oudpresident Jacob Zuma kan nie die uMkhonto we Sizwe-party in die komende verkiesing verteenwoordig nie en is gediskwalifiseer vir ‘n setel in die Nasionale Vergadering. Ondanks die reënweer, toon talle MK-partylede solidariteit met hulle leier terwyl die party Zuma se diskwalifisering beveg in die Verkiesingshof se sitting in die Hooggeregshof in Johannesburg. Die OVK se regsverteenwoordiger, Tembeka Ngcukaitobi, het die hof ingelig Zuma se vonnis van 15-maande geld steeds ondanks die afslag wat hy gekry het:
Die Azanian Independent Community Movement het intussen bekendgemaak hy onttrek aan die algemene verkiesing. Die president van die party, Wiseman Dibakwe, sê hulle ondersteun eerder ‘n eendersdenkende party. Dibakwe het die belangrikheid beklemtoon om ‘n party te ondersteun wat hom daarvoor beywer om mense te dien, veral in Noordwes, waar sy party ‘n noemenswaardige teenwoordigheid het. Die besluit volg te midde van hoё werkloosheid, ekonomiese stagnering, beurtkrag en korrupsie, wat steeds ‘n uitwerking het op die jeug, vroue en kinders.
# Judges Matter moedig regslui wat om posisies in hoër howe meeding aan om die funksionering van die regstelsel voorop te stel. Die Regterlike Dienskommissie voer tans die eerste onderhoude vir verskeie vakante posisies, insluitend in die Konstitusionele Hof, die Verkiesingshof, die Grondsake-hof en die Hooggeregshof in Noordwes. Die woordvoerder, Mbekezeli Benjamin, sê daar sal dié week onderhoude gevoer word met bykomende regslui vir nog hoër howe in die land:
# Eskom se Kusile-kragstasie in Mpumalanga sal van Oktober af drie eenhede uit diens stel vir permanente oplossings vir beskadigde skoorstene. Vier bedryfseenhede by Kusile werk tans teen ‘n beskikbaarheidsfaktor van meer as 90-persent. Dié eenhede, toegerus met tegnologie wat giftige uitlatings beperk, is uitgesluit uit die lys van ses kragstasies wat spesiale aandag nodig het. Die afsluitingskedule sluit in eenheid 1 van 30 November tot 28 Februarie, eenheid 2 van 10 Maart tot 26 April volgende jaar, en eenheid 3 van Oktober tot 30 November vanjaar.
# Gholf: Die Suid-Afrikaner Dean Burmester het ‘n yslike 75-miljoen-rand in die sak gesteek toe hy die LIV-gholf Miami-toenooi in Amerika gewen het. Hy het die Spanjaard Sergio Garcia op die tweede uitklopputjie getroef op die Trump National Doral, vir sy eerste LIV-titel. Albei spelers was na drie rondes op 11-onder syfer. Nog ‘n Suid-Afrikaner, Louis Oosthuizen, was gesamentlike sewende op minus-sewe, terwyl Branden Grace op twee-oor klaargemaak het en Charl Schwartzel op vier-oor. Burmester is in die wolke oor sy oorwinning:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-59-sent teen die dollar, 20-rand-15-sent teen die euro en 23-rand-48-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 72-duisend-181-dollar-35-sent. Die prys van goud is twee-duisend-328-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 90-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….