Nuus 17:00
BULLETIN 15 Oktober 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die adjunkpresident Paul Mashatile sê beleggingsbeloftes moet in werksgeleenthede omskep word
# Die Afrika Mayibuye-beweging verwelkom COSATU se politieke besluite en vroueleierskap
# En, krieket: Shaun Pollock is ten gunste van die pienk bal as ‘n oplossing vir swak lig
# Die Limpopo-provinsie beoog om beleggingsverbintenisse in werklike ekonomiese groei, nuwe ondernemings en werksgeleenthede te omskep. Adjunkpresident Paul Mashatile het tydens die sesde Limpopo-beleggingskonferensie beklemtoon die fokus is om beleggings te lok wat gemeenskappe bevoordeel, plaaslike ondernemings ondersteun en geleenthede vir inwoners skep. Hy het aangedring op vinniger optrede om beloftes in resultate te omskep ten einde nywerhede te laat groei en ‘n sterker, meer inklusiewe en volhoubare ekonomie te bou:
# Die Afrika Mayibuye-beweging verwelkom progressiewe verbintenisse op COSATU se 15de nasionale kongres. Dit sluit in die bevordering van die Nasionale Demokratiese Revolusie in die rigting van sosialisme, en die verdediging van die werkersklas. Woordvoerder Sydney Baloyi het ook die vordering in geslagsgelykheid binne COSATU se leierskap verwelkom, met vroue wat vier van die ses senior uitvoerende posisies beklee. Hy sê dit verteenwoordig ‘n beduidende bevestiging van vroueleierskap binne die georganiseerde werkersklas:
# Die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, bly in aanhouding nadat die Landdroshof in Randburg, Gauteng, uitspraak oor sy borgtogaansoek tot Dinsdag uitgestel het. Landdros Hlengiwe Mkhabisi sê sy benodig meer tyd om die dokumente te oorweeg wat tydens die uitgebreide verrigtinge voorgelê is. Sibiya se regspan vra borgtog van 20-duisend-rand, terwyl die staat aanvoer hy kan landuit vlug indien hy vrygelaat word. Hy staan tereg op aanklagte van verkragting en die seksuele gereedmaking van ‘n minderjarige, wat hy ontken.
# Die Duitse lugredery Lufthansa het sommige vliegtuie wat na Frankfurt vlieg opdrag gegee om ekstra stralerbrandstof aan boord te hê omdat brandstofvoorrade by die land se grootste lughawe onder druk is. Die lugredery sê ‘n brandstofpypleiding wat tans roetine-instandhouding ondergaan, het die beskikbare voorrade geraak. Lae watervlakke in die Rynrivier knou moontlik ook aflewerings per rivier. Die bykomende brandstof sal die behoefte verminder om brandstof in Frankfurt aan te vul. Lufthansa sê dit is ‘n voorsorgmaatreël en geen kansellasies word tans verwag nie. Die lughawe-operateur, Fraport, sê dit raak nie die bedrywighede nie.
# Krieket: Die gewese Protea-kaptein en -snelbouler, Shaun Pollock, sê skeidsregters moet toegelaat word om van ‘n rooi na ‘n pienk bal oor te skakel sodat spel kan voortgaan. Spel moes vroeg gestaak word op die eerste drie dae van die eerste toets tussen Suid-Afrika en Australië in Durban weens swak lig. ʼn Pienk bal mag gebruik word indien albei spanne vooraf instem. Pollock verstaan nie die stigma wat aan die pienk bal kleef nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-53-sent teen die dollar, 18-rand-53-sent teen die euro en 21-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-539-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-152-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 106-dollar-49-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….