Nuus 17:00
BULLETIN 9 Junie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Informele handelaars waarsku om nie migrante die sondebokke te maak te midde van ekonomiese frustrasies nie
# Kommissaris Sandile Khumalo bevraagteken die bewyse oor generaal-majoor Feroz Khan se inmenging by die Aeroton-dwelmklopjag
# En, Sokker: Mexiko se president belowe ‘n vreedsame Wêreldbekeropeningswedstryd ondanks onderwysbetogings
# Die National Informal Traders Alliance of South Africa verwelkom president Cyril Ramaphosa se oproep tot kalmte, eenheid en bestendige wetstoepassing te midde van toenemende spanning binne gemeenskappe. Die informele handelaarsliggaam waarsku groeiende openbare frustrasie mag nie toegelaat moet word om xenofobie, vigilante gedrag of geweld aan te wakker nie. Hulle doen ‘n beroep op die regering om swakpunte in immigrasie-afdwinging dringend reg te stel en regulasies wat informele handelaars raak, te vereenvoudig. Samuel Mampapatla van NITASA voer aan verouderde permitstelsels en administratiewe hindernisse belemmer steeds klein ondernemings.
# Die Madlanga-kommissie bevraagteken die rol van senior polisiebeamptes in die Aeroton-dwelmklopjag ter waarde van meer as 300-miljoen-rand. Kommissaris Sandile Khumalo bevraagteken of SAPD-generaal-majoor Feroz Khan se teenwoordigheid op die toneel inmenging was. Die senior ondersoeker en assistent-direkteur van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Takalani Maphosho, sê opdragte wat na bewering gegee is, kon verdere soektogte ontwrig het waartydens bykomende smokkelware dalk ontdek sou word:
# Een persoon is dood en ‘n ander beseer in ‘n ernstige botsing tussen ‘n dieseltenkwa en ‘n ligte motorvoertuig op die R59 tussen Sasolburg en Parys in die Vrystaat. Die tenkwa het in vlamme uitgebars, en ‘n reuse-noodreaksie-poging tot gevolg gehad. Nooddienste het vinnig die brand geblus en die beseerde insittende hospitaal toe vervoer. Die vragmotorbestuurder is ongedeerd.
# Sokker: Die president van Mexiko, Claudia Sheinbaum, het belowe die voortgesette onderwysbetogings sal nie Donderdag se openingswedstryd van die Wêreldbeker tussen Suid-Afrika en Mexiko in die hoofstad, Mexikostad, ontwrig nie. Lede van ‘n onderwysersunie, wat salarisverhogings en pensioenhervormings eis, het verlede week by ‘n ondersteunersone in die stad amok gemaak en gedenkbeelde van spelers omgegooi. Hulle het gedreig met betogings by die openingswedstryd as die regering nie op hul eise reageer nie. Sheinbaum sê hulle sal seker maak die viering van die toernooi word goed beheer word en vreedsaam en rustig aangebied.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-2-sent teen die euro en 22-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-516-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-340-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 91-dollar-54-sent per vat.
# En ten slotte, President Cyril Ramaphosa het hulde gebring aan sy majesteit koning Makhosonke II van die amaNdebele-nasie, wat vanoggend in die ouderdom van 65 gesterf het nadat hy 40 jaar aan bewind was. Die Presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die koning word onthou as ‘n versoenende tradisionele leier en kampvegter van ontwikkeling, onderwys en grondhervorming. Hy sê Ramaphosa het sy meegevoel betuig aan die koninklike familie, koningin Sekhothali, en die amaNdebele- en Basotho-gemeenskappe:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….