Nuus 17:00
BULLETIN 13 Februarie 5nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC se Gautengse voorsitter waarsku oor die gevolge as sy party die verkiesing verloor
# Die Amerikaanse Senaat keur ‘n reuse hulppaketpakket goed vir Oekraïne, Israel en Taiwan
# En, Rugby: Jacques Nienaber is tevrede met die aanstelling van Jerry Flannery as die Bokke se hulpafrigter
# Die ANC se voorsitter in Gauteng, Panyaza Lesufi, het gewaarsku oor wat hy noem, die verskriklike gevolge, as die party die verkiesing sou verloor. Hy sê dit sal die einde beteken van die nasionale demokratiese rewolusie. Lesufi het op die provinsiale uitvoerende komitee se Lekgotla in Boksburg gepraat. Hy glo die ANC sal ‘n oorwinning behaal in die komende verkiesing, en benadruk die party se vermoë om sonder faksievennote te wen. Lesufi beklemtoon ook hoe belangrik dit vir die ANC is om die mag in die provinsie te behou:
# Die Vryheidsfront Plus sê die Vrystaat moes die afgelope dekade meer as 1,3-miljard-rand aan die nasionale regering terugbetaal weens onderbesteding. Die party sê die provinsie kon ten minste ses-duisend-600 huise, 65 nuwe openbare skole of 13 nuwe staatshospitale met die geld gebou het. Die woordvoerder, Armand Cloete, sê die LUR vir Finansies, Gadija Brown, het die onderbesteding van voorwaardelike toekennings, wat van nasionale vlak ontvang is, aan die lig gebring in antwoord op die party se vraag in die wetgewer:
# Die Amerikaanse Senaat het ‘n hulppakket ter waarde van 1,79-duisend-miljard-rand vir Oekraïne, Israel en Taiwan goedgekeur. Die Demokraties-beheerde Senaat het met 72 teenoor 29 ten gunste van die pakket gestem toe 22 Republikeine saam met die Demokrate gestem het. Die wetgewing sal nou aan die Republikeins-beheerde Huis van Verteenwoordigers gestuur word. Reuters berig president Joe Biden het die Kongres maande lank aangemoedig om die nuwe hulp deur te haas, en het ook fondse vir humanitêre hulp in Gaza aangevra. Albei huise moet die wetgewing goedkeur voor Biden dit kan onderteken.
# Rugby: Die voormalige Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, glo die aanstelling van Jerry Flannery as die Bokke se nuwe verdedigingsafrigter is ‘n goeie skuif deur Rassie Erasmus. Erasmus, wat sy rol as direkteur van rugby prysgegee het om weer nasionale hoofafrigter te word, het die voormalige Ierse toetshaker in sy afrigtingspan aangestel om die rol oor te neem wat Nienaber gevul het. Flannery was vroeër Nienaber en Erasmus se assistent by Munster, en Nienaber sê hy is baie vertroud met die opset en behoort goed in te pas.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-93-sent teen die dollar, 20-rand-34-sent teen die euro en 23-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 49-duisend-704-dollar-42-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-18-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-66-sent per vat.
# En laastens: Die Wêreldgesondheidsorganisasie doen ‘n beroep op die wêreld om opnuut betrokke te raak en heropvoeding oor kondome te doen op Internasionale Kondoom-dag. Die W-G-O beklemtoon in ‘n verklaring kondome is steeds die enigste hulpmiddel wat MIV, seksueel oordraagbare besmettings en onbeplande swangerskappe in een slag kan voorkom. Die organisasie beklemtoon ook die gebruik van kunssinnige uitdrukking in die bevordering van kondoom-bewusmaking en voorkoming. Die Brasiliaanse kunstenaar, Adriana Bertini, se werk word ten toon gestel as ‘n voorbeeld van kreatiewe kondoom-bevordering.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….