Nuus 17:00
BULLETIN 2 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die kabinet verwelkom Inkomstediens se mylpaal met die invordering van twee-duisend-miljard-rand
# Noodlottige ongelukke daal met 16-persent voor die Paasnaweek-spitstyd
# En, president Emmanuel Macron sê dit is onrealisties om die Straat van Hormoes met militêre mag te probeer heropen
# Die kabinet prys die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oor die invordering van ‘n rekord twee-duisend-miljard-rand in netto-inkomste onder uittredende kommissaris Edward Kieswetter. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê dis in rekordtyd bereik en bevorder fiskale bestendigheid en verminder afhanklikheid van skuld. Sy beklemtoon verbeterde nakoming en administratiewe doeltreffendheid het winste aangevuur, sowel as sterk prestasie in die mynbousektor, en dit dui beduidende groei aan vanaf die 114-miljard-rand in 1994:
Met die uittrede van kommisaris Kieswetter, het president Cyril Ramaphosa die belastingadministrateur, Johnstone Makhubu as die nuwe kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aangestel. Makhubu, tans adjunkkommissaris vir belastingbetalerbetrokkenheid en -bedrywighede, neem vanaf die eerste van volgende maand die leisels vir ‘n termyn van vyf jaar oor by die uittredende kommissaris, Edward Kieswetter. Die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa het waardering uitgespreek teenoor Kieswetter vir sy leierskap en gesê die oorgang weerspieël sterk opvolgbeplanning binne die instelling:
# Die minister van vervoer, Barbara Creecy, sê daar was ‘n afname in padongelukke en sterftes voor die besige Paasnaweek-reistydperk. Noodlottige ongelukke het met 16,7-persent gedaal, van 306 tot 255, en sterftes met 18,3-persent van 356 tot 291 in dieselfde tydperk verlede jaar. Dit word toegeskryf aan verskerpte wetstoepassing, insluitend meer as 300 padblokkades en verhoogde polisie-sigbaarheid. Creecy het motoriste aangespoor om verantwoordelik te te bestuur om laer ongeluksyfers te handhaaf:
# Die Franse president, Emmanuel Macron, sê dis onrealisties om ‘n militêre operasie te loods om die strategies-belangrike Seestraat van Hormoes oop te dwing. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het bondgenote vroeër bondgenote om dit te oorweeg. Macron het tydens ‘n besoek aan Suid-Korea gesê sommige mense verdedig die idee om die seestraat met geweld via ‘n militêre operasie oop te maak. Hy sê dit sal baie lank duur en almal die roete gebruik, kan gevare verwag – nie net van die Iranse Revolusionêre Wag nie, maar ook van ballistiese missiele.
# Rugby: Die Junior Springbokke se hoofafrigter, Kevin Foote, het ‘n oefengroep van 45 spelers aangewys vir ‘n kamp van twee weke in Stellenbosch vanaf Maandag ter voorbereiding vir die Onder-20-kampioenskap. Dit sluit vier spelers in wat die onlangse senior Springbok-belyningskamp bygewoon het. Riley Norton, wat die Junior Bokke verlede jaar in Italië na die wêreldtitel gelei het, Siphosethu Mnebelele, Kai Pratt en Markus Muller het almal ‘n voorsmakie van die senior Bok-omgewing gehad. Die derde Onder-20-kampioenskap vir spanne in die Suidelike Halfrond vind vanaf die 27ste in Gqberha plaas.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-97-sent teen die dollar, 19-rand-56-sent teen die euro en 22-rand-43-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-103-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-620-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 106-dollar-55-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….