Nuus 17:00
BULLETIN 3 Februarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ontleder verwelkom John Steenhuisen se verwagte onttrekking aan die DA leierskapswedloop
# AfriForum beskuldig die SABC van ideologiese inmenging in Afrikaanse programme
# En, die kubermisdaadeenheid in Parys deursoek X se kantoor, en Elon Musk word gedagvaar
# Die politieke ontleder Sandile Swana sê John Steenhuisen se verwagte onttrekking aan die DA se leierskapswedloop is ‘n welkome verwikkeling. Swana het verwys na Steenhuisen selang geskiedenis van skandale en onlangse botsings, insluitend spanning met die gewese minister van Bosbou, Dion George, en die voorsitter van die party se federale raad, Helen Zille. Swana glo ‘n kandidaat soos Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, kan ‘n nuwe benadering en sterker konsensus-vaardighede teweegbring:
# AfriForum sê die SABC moet beter diens lewer aan Afrikaanssprekende gehore, wat meer as 12-persent van Suid-Afrikaanse huishoudings uitmaak. Die organisasie het die terugkeer van die Afrikaanse TV-nuus na sy oorspronklike 18:30-gleuf op SABC2 en die belofte van meer Afrikaanse programme verwelkom. Alana Bailey van AfriForum sê die wanbestuur het loopbane in die bedryf beskadig. Bailey doen ‘n beroep dat die verantwoordelike beamptes aanspreeklik gehou word vir die impak op kykers en inkomste:
# Die vakbond GIWUSA verwelkom die jongste brandstofprysverlagings, en sê dit bring broodnodige verligting aan burgers. Albeigrade petrol word om middernag 65-sent per liter goedkoper, en diesel 57-sent per liter. Hierdie stap bring petrolpryse na sy laagste vlakke in vier jaar. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, sê die verligting is uitsluitlik te danke aan die sterker rand:
# Franse polisie het die kantore van Elon Musk se sosiale media-netwerk X deursoek en aanklaers het die tegnologie-miljardêr gelas om in April ondervra te word. Die aanklaer se kantoor sê die klopjag en Musk se dagvaarding hou verband met ‘n jaarlange ondersoek na vermeende misbruik van algoritmes en bedrieglike data-onttrekking. Die ondersoek sal ook ander potensiële misdade ondersoek, soos beweerde medepligtigheid aan die aanhouding en verspreiding van kinderpornografie en die skending van ‘n persoon se regte met die gebruik van seksueel-vulgêre diepfop.
# Sokker: Oekraïne se minister van Sport, Matvii Bidnyi, sê die opmerking van FIFA se president, Gianni Infantino, oor die opheffing van die verbod op Rusland is onverantwoordelik en kinderagtig. FIFA se uitvoerende gesag en die Europese beheerliggaam, UEFA, het Rusland se deelname in 2022 verbied ná die land se volskaalse inval in Oekraïne. Infantino het aan Sky News gesê die verbod veroorsaak slegs meer frustrasie en haat. Bidnyi sê solank Russe Oekraïners doodmaak en sport politiseer, het hulle vlag en nasionale simbole geen plek in sport nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-95-sent teen die dollar, 18-rand-82-sent teen die euro en 21-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-215-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-926-dollar-44-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 66-dollar-35-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….