Nuus 17:00
BULLETIN 30 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA beskuldig president Ramaphosa van die herverpakking van ou planne om die waterkrisis aan te spreek
# Die kabinet verleng die geldigheid van rybewyse tot 10 jaar
# En, Suid-Afrika se bevolking bereik 63,5-miljoen ondanks ‘n daling in vrugbaarheid
# Die DA sê die Parlement moet president Cyril Ramaphosa se waterkrisisplan noukeurig ondersoek en die Presidensie aanspreeklik hou vir die implementering daarvan. Stephen Moore van die party sê die plan het nie duidelike doelwitte, sperdatums en befondsing nie, en vra vir gereelde vorderingsverslae. Moore sê dringende optrede is nodig om te verseker dat munisipaliteite waterinkomste beskerm en betroubare water aan inwoners verskaf:
# Die kabinet het goekeuring verleen dat die geldigheid van rybewyse vir ligte motorvoertuie van vyf na tien jaar verleng word. Die verandering is van toepassing op lisensiekodes A, A1, B en EB, terwyl swaar vrag- en openbare vervoervoertuie steeds aan die bestaande vereistes moet voldoen. Permitte vir beroepsbestuurders sal ook steeds vir twee jaar geldig wees. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die verandering stem ooreen met internasionale gebruike:
# Die Poolse eerste minister Donald Tusk sê ‘n voorwerp wat in ‘n veld in die ooste van die land neergestort het, was waarskynlik ‘n Russiese missiel. Dit het ‘n 10-meter-wye krater ongeveer 100-kilometer van die Oekraïnse grens veroorsaak. Daar is geen berigte van sterftes of beserings nie, maar die voorval word as ernstig beskou. Oekraïne se waarnemende minister van Buitelandse Sake, Andriy Sybiha, het vroeër gesê ‘n Russiese kruisermissiel het tydens ‘n aanval op Oekraïne die Poolse lugruim binnegedring en NAVO se lugruim geskend. Verskeie Russiese hommeltuie en missiele het sedert die begin van die oorlog gereeld in Pole beland.
# Motorsport: Formule Een se president, Stefano Domenicali, sê die huidige seisoen sal in Europa eindig indien die laaste twee Grand Prix in Katar en Abu Dhabi nie kan voortgaan nie weens die konflik in die Midde-Ooste. Die onsekerheid volg nadat April se wedrenne in Bahrein en Saoedi-Arabië van die program verwyder is. Die Bahreinse Grand Prix vind nou in Oktober in Maleisië plaas. Domenicali sê hulle sal tot die spertyd van middel-September wag om ‘n besluit te neem.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-55-sent teen die dollar, 18-rand-98-sent teen die euro en 22-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-799-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-74-dollar-72-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 91-dollar-35-sent per vat.
# En laastens, die jongste halfjaar-bevolkingsberaming dui aan Suid-Afrika se bevolking het tot byna 63,5-miljoen gegroei, ondanks ‘n afname in vrugbaarheidsyfers. Diego Iturralde van Statistiek Suid-Afrika sê die bevolking het op ‘n jaargrondslag met 1,2-persent gegroei, terwyl vroue ongeveer 51-persent van die bevolking uitmaak. Hy sê die gemiddelde aantal kinders per vrou het tot twee gedaal, maar voortgesette geboortes ondersteun steeds bevolkingsgroei:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….