Nuus 17:00
BULLETIN 20 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Robert McBride vra vir groter onafhanklikheid vir polisiewaghonde
# SALGA doen ‘n beroep op beter veiligheid na leerdervervoer-tragedie
# En, Die Stad Kaapstad sê beskerming van die stad se watervoorraad is ’n gedeelde verantwoordelikheid
# Die voormalige hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride, sê die waghond moet verwyder word van die minister van Polisie om ware onafhanklikheid te verseker. Hy sê die minister hou toesig oor dieselfde departement wat OPOD ondersoek, wat potensiële inmenging skep. McBride kritiseer ook die Direktoraat vir Voorkeur-misdaadondersoeke se voortgesette plasing onder die polisie, weens ‘n gebrek aan struktuur- en begrotings-onafhanklikheid. Hy vra dringende wetgewende hervormings om teenkorrupsie-instellings te versterk:
# Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging betreur die dood van 12 leerders in ‘n skoolvervoer-tragedie gister in Vanderbijlpark. Sebang Motlhabi van SALGA het sy meegevoel betuig met die families, vriende en gemeenskappe wat deur die ongeluk geraak is. Hy vra strenger nakoming van die veiligheidsregulasies vir skoolvervoer om verdere verlies van jong lewens te voorkom en dring aan op aanspreeklikheid deur die owerhede:
# Die Stad Kaapstad se Direktoraat van Water en Sanitasie sê hy gaan voort met gefokusde daaglikse bedrywighede om waterverliese te bekamp te midde van laer as gemiddelde reënval en groter vraag weens die warm somer. Tussen Julie 2024 en November 2025 het die direktoraat maandeliks gemiddeld 346 gebarste waterpype herstel. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die beskerming van die metro se watervoorraad is ‘n gedeelde verantwoordelikheid in die lig van ʼn veranderende klimaat en groter aanvraag:
# Amerikaanse president Donald Trump sê die Verenigde Koninkryk se plan om die soewereiniteit van die Chagos-eilande in die Indiese Oseaan aan Mauritius oor te dra, is pure domheid. Hy sê die ooreenkoms waarin die Brittanje ‘n militêre basis in die gebied sou huur terwyl hulle soewereiniteit oordra, is een van die redes waarom hy wil hê Amerika moet Groenland oorneem. Die ooreenkoms is laat in 2024 vir die eerste keer aangekondig en in Mei verlede jaar onderteken, met die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, wat dit toe ‘n reuseprestasie genoem het.
# Tennis: Die gewilde Franse tennisspeler Gael Monfils is tydens die Australiese Open in vier stelle uitgeskakel deur die plaaslike kwalifiseerder Dane Sweeny, in ‘n epiese wedstryd wat byna vier uur geduur het. Die 39-jarige Monfils is een van die kleurrykste en gewildste manspelers in tennis en hy is tydens ‘n aanbieding na afloop van die wedstryd staande toegejuig. Monfils het sedert die begin van sy loopbaan in 2004 13 ATP-titels gewen. Hy het in Oktober aangekondig hy tree vanjaar uit. Monfils is in 2021 met die Oekraïnse speler Elina Svitolina getroud en hulle dogter Skai is ‘n jaar later gebore.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-44-sent teen die dollar, 19-rand-28-sent teen die euro en 22-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 91-duisend-048-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-723-dollar-53-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 63-dollar-82-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….