Nuus 17:00
BULLETIN 13 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA betwis OPOD se ‘geheime’ klassifikasie van die Phala Phala-ondersoek
# Paul Mashatile wens 2025 se matrieks geluk
# En, die Wes-Kaapse regering vra vir ‘n provinsiale ramptoestand te midde van veldbrande en ‘n dreigende waterkrisis
# ActionSA berei ‘n regsgeding voor om die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se besluit te betwis nadat hy besluit het om sy ondersoekverslag oor Phala Phala as ‘n topgeheim te klassifiseer. Michael Beaumont van ActionSA sê OPOD het ‘n appèl geïgnoreer en die vrystelling van die bevindings vertraag. Hy sê die party betwis die grondwetlikheid van die beleid oor die minimumstandaarde vir inligtingsekerheid en die redenasie rondom die klassifikasie, en sal ‘n hofbevel aanvra om OPOD te dwing om die verslag te oorhandig:
# Adjunkpresident Paul Mashatile het 2025 se matrieks gelukgewens ná die vrystelling van die Nasionale Senior Sertifikaat-uitslae. Hy het leerders geprys vir hul veerkragtigheid, dissipline en vasberadenheid en beskryf die prestasie as ‘n bydrae tot Suid-Afrika se toekoms. Sy woordvoerder, Itumeleng Mafatshe, sê Mashatile herbevestig die regering se verbintenis tot die belegging in jongmense en die uitbreiding van inklusiewe geleenthede vir hul deelname aan die ekonomie:
# Die Wes-Kaapse regering vra vir ‘n provinsiale ramptoestand namate veldbrande versprei en die waterkrisis vererger. In Knysna is die hoof Akkerkloofdam slegs 15-persent vol. Dit is genoeg vir tien dae met vlak vier-waterbeperkings wat reeds van krag is. Premier Alan Winde sê ‘n amptelike ramptoestand sal vinniger befondsing, beter hulpbronbestuur en geteikende ondersteuning vir geaffekteerde gebiede moontlik maak:
# Sentrale banke regoor die wêreld het volle solidariteit met die voorsitter van die Federale Reserweraad uitgespreek nadat die VSA ‘n strafregtelike ondersoek teen Jerome Powell begin het. Die hoofde van die Bank van Engeland, die Europese Sentrale Bank en die Bank van Kanada is onder 11 senior bankiers wat ‘n verklaring onderteken het wat die belangrikheid van onafhanklikheid met die bepaling van rentekoerse beklemtoon. Die ondersoek volg na ‘n jaar van meedoënlose aanvalle op Powell deur die Amerikaanse president, Donald Trump waartydens hy Powell se rentekoersbesluite gekritiseer en hom ook persoonlik aangeval het.
# Rugby: Die Bulle se toergroep vir hul volgende twee oorsese wedstryde is versterk deur die terugkeer van die Springbokke Kurt-Lee Arendse en Canan Moodie, wat albei van harsingskudding-verwante beserings herstel het. Arendse het laas in Oktober vir die Pretoriase span gespeel, en Moodie se laaste wedstryd was vroeër die maand teen die Stormers. Die Bulle speel Vrydagaand in Frankryk teen Pau in ‘n Kampioenebeker-wedstryd, gevolg deur ‘n Verenigde Rugby-kampioenskapstryd teen Edinburgh in Skotland ‘n week later.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-45-sent teen die dollar, 19-rand-17-sent teen die euro en 22-rand-14-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 91-duisend-912-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-601-dollar-92-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-61-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….