Nuus 17:00
BULLETIN 17 Desember 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Standard Bank sê die ligte prysdruk in November bied hoop vir Suid-Afrika se ekonomie
# eThekwini se burgemeester bevestig bouplanne vir die Redcliff-gebou is verwerp
# En, ‘n onderwysaktivis is bekommerd oor die privaat hoër onderwyssektor se voortdurende mislukkings met voldoening
# Standard Bank sê Suid-Afrika se inflasiesyfer vir November is bemoedigend vir die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Hooflyn-inflasie het effens afgeneem tot 3,5-persent teenoor 3,6-persent in Oktober terwyl kospryse bestendig gebly het. Woordvoerder Elna Moolman sê die ligter prysdruk en daling in inflasieverwagtinge dui op ‘n bestendiger ekonomiese vooruitsig voor die monetêre beleidskomitee se volgende vergadering:
# eThekwini se burgemeester, Cyril Xaba, het bevestig twee bouplanne wat die Redcliff-plaas se trustees ingedien het, is verwerp omdat die terrein van 8,5-hektaar gesoneer is as ‘n bewaringsreservaat. Hy het gepraat tydens die oorhandiging van die voorlopige verslag na die instorting van ‘n tempel op die terrein. Xaba sê die vierverdieping-gebou is opgerig sonder munisipale goedkeuring, en ongemagtigde werk is nie opgemerk tydens bouwerk nie, wat inspeksies verhoed het:
# Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, is bekommerd oor die voortdurende mislukkings aan voldoening in dele van die privaat hoër onderwyssektor. Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het ‘n kennisgewing uitgereik om die registrasie van Damelin, City Varsity en ICESA City Campus te kanselleer. Makaneta sê afdwinging is nodig, maar die grootste kommer bly die langtermyn-uitwerking op studente:
# ‘n Man wat na bewering begin skiet het op ‘n Joodse Hanukkah-viering op Sydney se beroemde Bondi-strand in Australië, staan tereg op 59 aanklagte. Dit sluit in 15 aanklagte van moord, 40 van poging tot moord en terrorisme. Die polisie het die 50-jarige Sajid Akram doodgeskiet en sy 24-jarige seun, Naveed, het gistermiddag uit ‘n koma wakker geword nadat hy ook geskiet is. Die slagoffers se begrafnisse het vandag begin te midde van woede oor hoe die gewapende mans toegang tot sulke kragtige vuurwapens gekry het.
# Sokker: Frankryk se kaptein, Kylian Mbappé, se fortuin het met 1,8-miljard-rand gegroei toe ‘n hof sy voormalige klub, Paris-St-Germain, gelas het om onbetaalde salaris en bonusse aan hom te betaal. Hy het betoog sy verdienste vir April, Mei en Junie verlede jaar is teruggehou, kort voordat hy by die Spaanse reus Real Madrid aangesluit. Die Franse liga, LFP, het die bedrag bepaal, al het PSG aangevoer Mbappé was oneties om byna ‘n jaar lank stil te bly oor sy plan om nie sy kontrak te hernu nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-74-sent teen die dollar, 19-rand-62-sent teen die euro en 22-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-172-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-323-dollar-78-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 59-dollar-77-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….