Nuus 17:00
BULLETIN 28 Oktober 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA moedig Suid-Afikaners aan om op te tree teen die mislukte swart ekonomiese bemagtiging-stelsel
# Krieket: Die wêreld se beste eendagbouler gaan dalk die Wêreldbeker-halfeindstryd teen Suid-Afrika misloop
# En SA Rietkwekers onthul die wêreld se eerste suikerriet-energiedrankie, ‘Shesha’
# Die DA vra Suid-Afrikaners om op te tree teen die ANC se mislukte beleid van swart ekonomiese bemagtiging. Sy nuwe reklamebord langs die N1-snelweg in Johannesburg lig SEB-mislukkings uit en bevorder die Wet op Ekonomiese Insluiting vir Almal. Helen Zille van die DA het aan die media gesê dit is daarop gemik om werk te skep, vaardighede te ontwikkel en in gemeenskappe te belê. Sy sê die wet bied ‘n billiker stelsel wat pogings en geleenthede beloon eerder as politieke verbintenisse:
# Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het die Parlement se ad hoc-komitee vertel hy het vroeg in Januarie op sosiale media verneem dat die taakspan vir politieke moorde ontbind is. Mathale sê gesprekke is gevoer oor die versterking van polisiestrukture, maar hy het nie die geskorste minister, Senzo Mchunu, se opdrag verwag nie. Hy kritiseer die gebrekkige kommunikasie en sê dit is nie gepas om aanlyn van belangrike wetstoepassingsbesluite te hoor nie, en noem die besluit problematies en onverwags:
# Oudpresident Thabo Mbeki het in sy stigting se eerste Afrika Renaissance aanlyn uitsending besin oor Afrika se onvervulde beloftes van gelykheid en vooruitgang. Hy het tydens ‘n gesprek met die politikus Mbuyiseni Ndlozi gesê die party is tydens 2007 se konferensie in Polokwane deur eksterne elemente geïnfiltreer, wat die party se kern verswak het. Hy het die jeug aangemoedig om hervorming en aanspreeklikheid te bevorder. Mbeki en Ndlozi het ook die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se oproep vir strenger grensbeheer teengestaan. Hulle bepleit eerder Afrika-eenheid en deursigtigheid te midde van kommer oor polisiekorrupsie.
# Krieket: Daar is steeds onsekerheid oor die fiksheid van die wêreld se beste eendagbouler, Sophie Ecclestone van Engeland, vir môre se Wêreldbeker-halfeindstryd teen die Protea-vroue. Sy het haar skouer Sondag beseer tydens die laaste groepswedstryd teen Nieu-Seeland en kon nie haar boulskof voltooi nie. Die bestuur sê Ecclestone sal voor die wedstryd voortdurend ondersoek word. Sy en haar spanmaat Linsey Smith is die gesamentlik voorste paaltjienemers in die toernooi met 12 elk. Australië en die mede-gasvrou, Indië, speel Donderdag in die tweede halfeindstryd.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-25-sent teen die dollar, 20-rand-6-sent teen die euro en 22-rand-88-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-924-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-932-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-19-sent per vat.
# En laastens, SA Rietkwekers het die wêreld se eerste energiedrankie bekendgestel wat gemaak is van vars, natuurlike suikerrietsap. Shesha, wat in KwaZulu-Natal vervaardig en verpak word, is natuurlik versoet en bevat 50-persent minder kafeïen as ander energiedrankies. Die projek, gelei deur SA Rietkwekers en Womoba, beoog om werksgeleenthede te skep en landelike ekonomieë in KwaZulu-Natal en Mpumalanga te bevorder. Higgins Mdluli van die organisasie sê Shesha is in vier geure beskikbaar: oorspronklik, suurlemoen-en-lemmetjie, lemoen en gemmerbier. Dit is aanlyn en by sekere kleinhandelaars beskikbaar.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….