Nuus 17:00
BULLETIN 20 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Andy Burnham wprd as eerste minister deur koning Charles aangestel
# Vusimusi “Cat” Matlala en sy medebeskuldigdes pleit onskuldig
# En sokker: Die Argentynse afrigter erken Spanje het verdien om die Wêreldbeker te wen
# Andy Burnham is die nuwe Britse eerste minister nadat koning Charles hom in Buckingham-paleis genooi het om ‘n nuwe regering saam te stel. Burnham het die versoek aanvaar nadat Keir Starmer vanoggend formeel bedank het. Burnham het Vrydag die nuwe leier van die Arbeidersparty geword, en word die vyfde eerste minister in vier jaar. Hy het sy eerste amptelike toespraak voor Downingstraat 10 gelewer.
# Die omstrede sakeman Vusimusi “Cat” Matlala en sy medebeskuldigdes het afsonderlik onskuldig gepleit in die Hooggeregshof in Johannesburg. Die aanklagte sluit elf van poging tot moord in en hou verband met beweerde aanvalle op die mediapersoonlikheid Tebogo Thobejane, die sakeman Joe Sibanyoni en die musiekvervaardiger DJ Vettys tussen 2022 en 2024. Regter Cassim Moosa het beslis die verhoor sal vandag begin en tot September voortduur:
# Kopanang Africa Against Xenophobia verwelkom die Departement van Basiese Onderwys se riglyne wat vergelding en geweld in en om skole verbied. Die organisasie sê die omsendbrief herbevestig elke kind se reg op onderwys, ondanks nasionaliteit of gedokumenteerde status. Hy vra provinsiale onderwysdepartemente, skole en gemeenskappe om te verseker die riglyne word ten volle geïmplementeer. Die organisasie vra ook die publiek om vergeldende optrede te verwerp en sê die toepassing van immigrasiewetgewing is die verantwoordelikheid van die staat en moet ingevolge die wet uitgevoer word.
# Limpopo se premier, Phophi Ramathuba, sê die provinsiale regering gaan voort om met wetstoepassingsagentskappe en alle belanghebbendes saam te werk om pogings te versterk om padsterftes te verminder. Dit volg ná ‘n dodelike naweek op die provinsie se paaie, waar twee afsonderlike ongelukke 14 lewens geëis het. Ses mense is beseer. Die regering se woordvoerder, Thilivhali Muavha, sê ondersoeke word gedoen om die oorsaak van albei ongelukke te bepaal:
# Sokker: Argentinië se afrigter, Lionel Scaloni, erken Spanje het verdien om die Wêreldbeker te wen. Die verdedigende kampioene se harte is gebreek toe Ferran Torres die enigste doel van die eindstryd in ekstra tyd in New Jersey aangeteken het. Dit het gevolg na Enzo Fernandez se rooi kaart in beseringstyd. Scaloni sê Spanje was beslis die beter span en sy spelers moet die nederlaag met dieselfde grasie aanvaar as toe hulle onlangse suksesse gevier het. Spanje se oorheersing is verder bewys toe sy spelers die Goue Bal, Goue Handskoen en die toekenning vir Beste Jong Speler ontvang het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-49-sent teen die dollar, 18-rand-82-sent teen die euro en 22-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-649-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-10-dollar-6-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 86-dollar-29-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….