Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 23 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Koeberg-kernkragstasie is op 100-persent en gesinchroniseer
# Die minister van Elektrisiteit sê die integrasie van hernubare energie is van kritieke belang vir transmissie
# En, tennis: Novak Djokovic bereik die halfeindronde van die Australiese Ope
# Die minister van Elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa sê die energievooruitsigte sal verbeter nadat Koeberg se eenheid een terug is op die netwerk, wat ‘n aansienlike hupstoot van minstens 27 megawatt ekstra by die gewone lewering sal verseker. Eenheid een is in November verlede jaar suksesvol gesinchroniseer, na ‘n langdurige onderbreking, wat ‘n positiewe stap in die rigting van die verbetering van energie-veerkragtigheid beteken. Ramokgopa het op ‘n nuuskonferensie oor die Energie-aksieplan gepraat en verwag ‘n noemenswaardige afname in beurtkrag-intensiteit, maar sê beplande instandhouding is steeds aansienlik hoog:
Ramokgopa sê ook die suksesvolle integrasie van nuwe opwekkingsvermoë, veral van hernubare energiebronne, is deurslaggewend vir doeltreffende transmissie. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die instel van die Energie-aksieplan. Ramokgopa het onthul privaat sektor befondsing is beskikbaar vir transmissieprojekte, ná samesprekings met sendinghoofde wat buitelandse belange in die land verteenwoordig. Ramokgopa het verseker belegging in die privaat sektor sal nie die staat se eienaarskap van die netwerk in die gedrang bring nie:
# Die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Pretoria het geweier om die aansoek toe te staan van die stad se geskorste hooflanddros, Desmond Nair [uitspraak na-ja], om korrupsie-aanklagte teen hom terug te trek. Die hof het nie saamgestem met die aansoek van sy prokureur, Danie Dorfling, dat die staat nie voldoende bewyse vir ‘n strafsaak voorgelê het nie. Nair word van korrupsie aangekla omdat hy na bewering 200-duisend-rand se gunslone in die vorm van sekerheidsopgraderings by sy huis ontvang het van die voormalige maatskappy, Bosasa, wat met staatskaping verbind word. Die saak is tot 15 Maart uitgestel.
# Die Internasionale Lugvervoervereniging en die Internasionale Burgerlugvaartvereniging het hulle samewerking verleng oor die veilige lugvervoer van gevaarlike goedere. Die direkteur-generaal van IATA, Willie Walsh, sê die ooreenkoms wat in Genève, Switserland, onderteken is, verseker dat gevaarlike goedere hanteer word volgens die hoogste toepaslike globale standaarde, in ooreenstemming met die die regulasies vir gevaarlike goedere. Die regulasies sluit in verskille tussen operateurs, ondersteunende dokumentasie, gereedskap, riglyne en notas, wat noodsaaklik is vir ʼn veilige benadering tot die veilige vervoer van gevaarlike goedere op vliegtuie.
# Tennis: Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, het die halfeindronde van die Australiese Ope gehaal deur die 12de gekeurde Amerikaner, Taylor Fritz, in vier stelle uit te skakel. Die Serwiër het op ʼn warm dag in Melbourne met 7-6, 4-6, 6-2, 6-3 geseëvier om die veldtog voort te sit om sy rekord 11de titel op die Grand Slam-toernooi te verower. Die 36-jarige verdedigende kampioen sê dit was ʼn taai wedstryd:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-1-sent teen die dollar, 20-rand-67-sent teen die euro en 24-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 38-duisend-984-dollar-49-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-27-dollar-65-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-34-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….