Nuus 17:00
BULLETIN 15 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Presidensie sê ‘n waninligtingsveldtog probeer om Suid-Afrika se reputasie te skaad
# Die Madlanga-kommissie dagvaar sakeman Suliman Carrim se dokters en die hospitaal
# En sokker: Die Engelse afrigter sê om teen Argentinië te speel sal die beste uit sy span na vore bring
# Die Presidensie sê Suid-Afrika is die teiken van ‘n waninligtingsveldtog wat daarop gemik is om die land van die res van Afrika te isoleer. Dit volg na kommer deur sommige Afrikalande oor beweerde xenofobiese geweld in Suid-Afrika. Die regering verwerp die bewerings en hou vol daar is geen bewyse van wydverspreide xenofobiese aanvalle nie. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, het aan die media gesê ‘n naamlose land lei die veldtog om vals inligting oor Suid-Afrika te versprei:
# Die Madlanga-kommissie gaan die sakeman Suliman Carrim se dokters en hospitaal dagvaar nadat verklikkers hom in die openbaar gesien het, ondanks bewerings dat hy medies ongeskik is om te getuig. Getuienisleier Matthew Chaskalson het Carrim ook gekritiseer omdat hy nie finansiële rekords verskaf in verband met ondernemings met regeringskontrakte van miljoene rand nie. Hy sê ondersoekers is besig om kringtelevisie-opnames te bekom ná beweerde waarnemings in die Wes-Kaap en Noordwes:
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se aanstelling van die voormalige raadsvoorsitter van Daybreak Farms, Bojane Segooa, as die uitvoerende bestuurder vir korporatiewe dienste, het kritiek ontlok. Die DA beweer die aanstelling beloon ‘n leier wat met arbeidsmisbruik, finansiële wanbestuur en dieremishandeling by Daybreak Farms verbind word. Segooa ontken enige oortreding en sê haar betaling by uittrede van 625-duisend-rand, was vergoeding vir werk wat reeds afgehandel is. NSFAS se administrateur, Hlengani Mathebula, het die aanstelling verdedig en sê die werwingsproses het aan wettige magte voldoen.
# ActionSA verwelkom ‘n Arbeidshofuitspraak wat ‘n poging deur Tshwane-munisipale amptenare van die hand gewys het. Hulle was betrokke by die Rooiwal-tenderondersoek en wou dissiplinêre optrede teen hulle stop. Michael Beaumont van die party sê die uitspraak is ‘n oorwinning vir aanspreeklikheid en geregtigheid ná die cholera-uitbreking in Hammanskraal in 2023. Hy sê burgemeester Nasiphi Moya se administrasie het beslissend teen korrupsie opgetree deur dissiplinêre stappe te doen, ondernemings wat met die sakeman Edwin Sodi verbind word op ‘n swartlys te plaas, en staatsbestuur-maatreëls te versterk om openbare vertroue in die metro te herstel.
# Sokker: Engeland se afrigter, Thomas Tuchel, glo die uitdaging om teen die heersende kampioen, Argentinië, en kaptein Lionel Messi te speel, sal hulle aanspoor om hulle beste te lewer. Die wenner van vanaand se Wêreldbeker-halfeindstryd speel Sondag teen Spanje in die eindstryd. Argentinië hoop om die eerste span te word wat hul titel behou sedert Brasilië in 1962, terwyl Engeland laas in 1966 kon wen. Tuchel sê hulle is gereed:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-33-sent teen die dollar, 18-rand-67-sent teen die euro en 21-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-337-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-73-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 84-dollar-16-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….