Nuus 17:00
BULLETIN 19 Junie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die NVG dien weer ‘n uitleweringsversoek vir die Guptas by die Verenigde Arabiese Emirate in
# Floyd Shivambu beweer die MK-party het hom verwyder oor vals aantygings van sameswering teen Zuma
# En rugby: Die Wallabies se jong uitblinker-agterspeler, Joseph Suaalii, is fiks vir die wedstryde teen Fidji en die Leeus
# Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan die Verenigde Arabiese Emirate weer versoek om die Gupta-broers uit te lewer. Die hoof van die Ondersoekdirektoraat, Andrea Johnson, het in die Parlement 12 onbeantwoorde diplomatieke punte bevestig. Die VAE het ‘n nuwe aansoek aangevra ondanks ‘n vorige aansoek. Johnson het in die Parlement gesê bykomende aanklagte sal ingesluit word. Die NVG het tot dusver slegs 83 skuldigbevindings verseker vanuit drie-duisend korrupsiesake wat verwys is deur die Spesiale Ondersoekeenheid:
# Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu, sê hy is verwyder op grond van vals sameswerings-aantygings om die party se leier, Jacob Zuma, uit die kussings te lig. Shivambu voeg by hy word ook in ‘n vals intelligensieverslag beskuldig van samewerking met buitestaanders om beheer te neem van die party. Hy glo sy verwydering was weens interne magstryde en waninligting wat mense na aan Zuma versprei het:
# Die ANC vra eenheid en medelye terwyl gemeenskappe in die Oos-Kaap begin om te herbou na die dodelike vloede. Die party het sy diepste meegevoel uitgepreek teenoor die gesinne van die meer as 90 mense wat dood is, insluitend 30 kinders, terwyl duisende inwoners ontwortel is. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu, het die afkondiging van ‘n noodtoestand verwelkom en Suid-Afrikaners aangemoedig om saam te staan en die slagoffers te ondersteun:
# Iran sê die hoofteiken van die missielaanval wat ‘n hospitaal in die suide van Israel getref het, was ‘n militêre en intelligensiebasis en nie die gesondheids-inrigting nie. Die hospitaal en twee dorpe naby Tel Aviv is deur ‘n groot aantal Iranse missiele getref, met Israelse reddingswerkers wat 47 beserings aangemeld het. Iran sê die hospitaal was slegs aan die ontploffings se golf blootgestel en dat die presiese en regstreekse teiken die miltêre basis was.
# Rugby: Die Wallabies se jong uitblinker-agterspeler, Joseph Suaalii, is fiks vir die wedstryde teen Fidji en die Britse en Ierse Leeus. Die 21-jarige is in Australië se groep ingesluit nadat hy van ‘n gekraakte kakebeen herstel het. Die wedstryd teen Fidji in Newcastle die sesde van volgende maand is die Wallabies se enigste opwarmings-geleentheid voor die drie toetse teen die besoekende Leeus op 19 Julie begin. Afrigter Joe Schmidt het die ervare James O’Connor, Samu Kerevi and Marika Koirobete uitgelaat vir die wedstryd teen Fidji.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-1-sent teen die dollar, 20-rand-75-sent teen die euro en 24-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-720-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-365-dollar-89-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 76-dollar-13-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….