Nuus 17:00
BULLETIN 30 Mei 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Ramokgopa kondig voorkeurbieërs vir R9,5-miljard batterybergingsprogram aan
# Amerikaanse pastoor en Trump ondersteuner verwerp ‘Kill the Boer’-kreet
# E, IATA sê lugpassasierverkeer wêreldwyd toon sterk groei verlede maand
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het die voorkeurbieërs vir die derde ronde van die verkrygingsprogram vir onafhanklike kragprodusente om battery-energie te berg aangekondig. Die inisiatief, ter waarde van 9.5-miljard-rand, sal 616 megawatt stoorkapasiteit in die Vrystaat lewer. Die Noorse onderneming Scatec ASA sal die Haru-projek oprig en die Suid-Afrikaanse onderneming Mulilo sal die Bloemhoek-, Erfdeel-, Vanilla- en Retreat-persele hanteer. Ramokgopa sê die ondernemings is verbind tot die skepping van meer as 850 plaaslike werksgeleenthede te skep:
# Die Amerikaanse pastoor en ondersteuner van president Donald Trump, Mark Burns, het die omstrede ‘Kill the Boer’-kreet veroordeel en gesê sulke retoriek voed rasseverdeeldheid in Suid-Afrika. Burns het aan Newzroom Afrika gesê oproepe om grond te gryp en dreunsange wat op wit boere gemik is, stuur gevaarlike boodskappe stuur en ondermyn pogings om eenheid te bou. Hy het Suid-Afrikaners aangespoor om haatspraak te verwerp en eerder te werk aan ekonomiese transformasie wat alle burgers bevoordeel, en gewaarsku dat rasse-nasionalisme sosiale bestendigheid en belegging bedreig:
# Die Internasionale Lugvervoervereniging, IATA, sê totale lugpassasierverkeer het op ‘n jaar grondslag sterk in April toegeneem. Die totale vraag het met agt persent gestyg, terwyl internasionale vraag met 10,8-persent toegeneem het en binnelandse aanvraag met 3,3-persent. Afrika is die streek wat die sterkste groei in passasierverkeer ondervind het, met 14,2-persent. Dit is gevolg deur die Midde-Ooste met 11,3-persent, Latyns-Amerika met 10,9-persent, Asië en Stille-Oseaan 10,6-persent, Europa 8,3-persent en Noord-Amerika met 1,6-persent.
# Rugby: Embrose Papier is gekies as skrumskakel vir die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Edinburgh môre op Loftus in Pretoria. Keagan Johannes begin as sy skakelmaat met Willie le Roux as heelagter. Kaptein Ruan Nortjé is weer in die nommer sewe-trui. Canan Moodie sal op die regtervleuel wees. Direkteur van Rugby, Jake White, het nege Springbokke in sy beginspan ingesluit met sterre soos Akker van der Merwe en Marco van Staden op die bank. Afskop is om 1.30nm.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-92-sent teen die dollar, 20-rand-33-sent teen die euro en 24-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-524-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-297-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 62-dollar-96-sent per vat.
# En ;aastens, Standard Bank en die GIBS-akademie vir Entrepreneursontwikkeling het aansoeke vir die 2025 Youth Forward-program bekendgestel. Die inisiatief vind plaas terwyl Suid-Afrika vir Jeugmaand voorberei. Naledzani Mosomane van Standard Bank sê die program teiken 50 swart jeug-sakeondernemings en bied toerusting vir volhoubare groei. Sy het beklemtoon dat met jeugwerkloosheid van 46,1-persent, mik die program daarna om entrepreneurs van 18 tot 35 jaar te bemagtig deur mentorskap, opleiding en ondersteuning:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….