Nuus 17:00
BULLETIN 22 Mei 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum vra dat Ramaphosa krisisse erken en Suid-Afrika herbou
# Die Presidensie verduidelik Mcebisi Jonas se Amerikaanse reis-status
# En Olimpiese Spele: Die IOK is tevrede met Brisbane se voorbereiding vir die Spele van 2032
# AfriForum het president Cyril Ramaphosa gewaarsku om Suid-Afrika se groeiende krisisse die stryd aan te sê of die gevaar van internasionale isolasie te loop. Ramaphosa het gister met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, vergader, waartydens Trump die Onteieningswet en die dreunsang “Kill the Boer” gekritiseer het. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het Ramaphosa aangespoor om op te hou om die land se probleme te ontken aangesien regeringsbeleid minderhede vervreem. Hy beklemtoon dat slegs eerlike leierskap vertroue en internasionale betrekkinge kan herstel:
Die Presidensie het intussen onlangse kommentaar oor die spesiale gesant na Amerika, Mcebisi Jonas, verduidelik en bevestig hy besit ‘n geldige Amerikaanse visum. Die woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Jonas het bygedra tot die beplanning voor Ramaphosa se ontmoeting met Trump, wat oorsese raadpleging insluit. Magwenya sê aanvanklike misverstande oor prosedures is reggestel en geen kommer is oor sy beroepspligte geopper nie. Hy bevestig ook Jonas se afwesigheid van Washington gister was op persoonlike versoek.
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die provinsie maak vordering met die bekamping van misdaad en die verbetering van die regering se deursigtigheid. Hy het onthul dat meer as 150 van die provinsie se mees gesoekte misdadigers in hegtenis geneem is. Leefstyloudits op senior amptenare is aan die gang, met sommige wat reeds voltooi is. Lesufi sê hierdie pogings is gemik op die bou van ‘n veiliger en meer verantwoordbare provinsiale regering:
# Vyf-en-vyftig mans is hierdie week in Frankryk in hegtenis geneem as deel van ‘n operasie om ‘n vermeende pedofielring op die Telegram-boodskaptoepassing te ontbloot. Die verdagtes tussen 25 en 75 sluit ‘n priester, ‘n paramedikus en ‘n musiekonderwyser in. Die mans het boodskappe op Telegram uitgeruil en was in kontak met pedofiele wat sedert verlede somer in die tronk is. Die groot operasie het verlede jaar begin met die inhegtenisneming van mense wat verdink word van kindermishandeling en die plasing van beeldmateriaal op Telegram.
# Die Internasionale Olimpiese Komitee het sy vertroue uitgespreek dat die organiseerders op die regte pad is om 2032 se Spele in Brisbane, Australië, aan te bied. Die IOK se aangewese president, Kirsty Coventry, het vandag die derde Brisbane 2032-koördineringsvergadering bygewoon. Die hoof van die plaaslike reëlingskomitee, Andrew Liveris, sê dis ʼn groot verligting om uiteindelik ʼn plan gereed te hê, selfs al begin bouwerk aan die groot nuwe stadions eers einde volgende jaar:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-4-sent teen die dollar, 20-rand-39-sent teen die euro en 24-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-265-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-312-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….