Nuus 17:00
BULLETIN 7 Mei 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Justisie vra vinnige optrede nadat ‘n Oos-Kaapse aanklaer doodgeskiet is
# Vrae word gevra nadat ‘n man se liggaam op ‘n Kaapstadse hospitaal se parkeerterrein gevind word na drie dae
# En ‘n senior Hamas-ampsdraer sê hulle vereis ‘n omvattende ooreenkoms om die oorlog in Gaza te beëindig
# Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, het gevra vir die vinnige inhegtenisname van verdagtes wat verbind word met verlede week se moord op die 30-jarige aanklaer Elona Sombulula in Mtentu in die Oos-Kaap. Kubayi sê Sombulula se moord kan moontlik verband hou met ingewikkelde sake waaraan hy gewerk het. Sy het teenoor SABC News die noodsaaklikheid beklemtoon om aanklaers te beskerm wat onder moeilike omstandighede werk:
# Vrae word gevra oor die sekerheidsmaatreëls by die Durbanville Mediclinic in Kaapstad ná die ontdekking van ’n man se liggaam in sy motor drie dae nadat hy gesterf het. Die 49-jarige man het sy ma in die hospitaal besoek en blykbaar ’n hartaanval gehad toe hy teruggekeer het na sy motor in die parkeerterrein. Die polisie het die liggaam eers gevind nadat ’n besoeker onraad vermoed en die man se suster hom as vermis aangemeld het. Mediclinic het bevestig dat ’n interne ondersoek van stapel gestuur is.
# Die senior Hamas-ampsdraer Bassem Naim sê hulle dring aan op ’n omvattende ooreenkoms om die oorlog met Israel in Gaza na 19 maande te beëindig. Israel het Maandag planne aangekondig om sy militêre veldtog in die oorloggeteisterde gebied uit te brei, wat volgens ’n Israelse amptenaar ’n oorwinning sou behels. Die plan het internasionale veroordeling ontlok. ’n Israelse sekerheidsbron sê die ontplooing van soldate sal ’n geleentheid skep vir ’n moontlike gyselaarsooreenkoms wat saamval met die besoek van die Amerikaanse president, Donald Trump, aan die Midde-Ooste later die maand.
# Krieket: Die druk neem toe op Rishabh Pant, vir wie Lucknow Super Giants ‘n rekord-bedrag van 59-miljoen-rand betaal het in die Indiese Premierliga. Die span het dringend nodig dat sy kaptein sy briljante kolfvertoning herwin sodat hulle nog die uitspeelrondes kan haal. Die paaltjiewagter kon in die eerste tien wedstryde slegs 128 lopies aanteken. Die 27-jarige het ‘n reputasie as ’n aggressiewe linkshandige kolwer wat teenstanders se boulwerk kan vernietig, maar het net een keer vanjaar ‘n noemenswaardige telling behaal – 63 teen Chennai Super Kings op 14 April.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-27-sent teen die dollar, 20-rand-76-sent teen die euro en 24-rand-42-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-755-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-384-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 61-dollar-85-sent per vat.
# En laastens, die Gautrein bied afslag op treinkaartjies om vervoer meer bekostigbaar te maak vir kwalifiserende passassiers. Die KlevaMova-veldtog wat pas bekendgestel is, bied 50-persent-afslag op ritte vir mense in huishoudings met ‘n gekombineerde jaarlikse huishoudelike inkomste van 350-duisend-rand of minder. Gauteng se LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, sê studente jonger as 25, leerders, pensioentrekkers en begunstigdes van Sassa se gestremdheidstoelae kan ook afslag ontvang:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….