Nuus 17:00
BULLETIN 24 Maart 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Politieke kenner vra ‘n beroepsdiplomaat moet die volgende ambassadeur in Amerika word
# Die Departement van Water en Sanitasie monitor die stygende watervlakke in die Vaal- en die Bloemhof-dam
# En die DA waarsku teen burokratiese vertragings met die hervorming van die Kaapstadse hawe
# ‘n Professor in Politieke Wetenskap aan UNISA, Dirk Kotzé, beklemtoon Suid-Afrika se volgende ambassadeur in Amerika moet ‘n beroepsdiplomaat wees en nie ‘n politieke aanstelling nie. Dit volg op die terugkeer van die voormalige Amerikaanse ambassadeur, Ebrahim Rasool, wat gedwing is om die land te verlaat. Kotzé het aan Newzroom Afrika gesê ‘n ervare diplomaat sal die ingewikkelde internasionale betrekkinge beter hanteer en verseker dat Suid-Afrika se belange doeltreffend verteenwoordig word:
# Die Departement van Water en Sanitasie hou die stygende watervlakke van die Vaal- en die Bloemhofdam fyn dop. Ses kleppe is by die Vaaldam oopgemaak om die water wat uitvloei met 200 kubieke meter per sekonde te verhoog, met die vlak tans op 107-persent. Die watervlak van die Bloemhofdam is tans 100-persent. Wisane Mavasa van die departement sê hulle gaan voort om die situasie te monitor om enige potensiële gevare van die stygende watervlakke te voorkom:
# Die DA waarsku oor burokratiese vertragings in die instelling van hervormings by die Kaapstadse hawe. Die party verwelkom die minister van Vervoer, Barbara Creecy, se besluit om die hawe by die privaat sektor deelnemingsproses in te sluit, maar voer aan die stadige vooruitgang rondom opeenhoping en infrastruktuurprobleme benadeel sake-ondernemings. Noko Masipa van die DA sê Transnet se ondoeltreffendheid benadeel handel al lankal, veral die landbou, en net die betrokkenheid van die privaat sektor kan die hawe moderniseer:
# Motorsport: Red Bull se spanhoof, Christian Horner, het nie bespiegeling weerspreek dat Liam Lawson vervang kan word na slegs twee Formule Een-wedrenne dié seisoen nie. Die 23-jarige Nieu-Seelander het nie beïndruk in die eerste Grand Prix in Melbourne, Australië, of die afgelope naweek s’n in Sjanghai, China, nie. Hy is in albe wedrenne in die eerste kwalifiserings-rondes uitgeskakel terwyl sy spanmaat Max Verstappen, die verdedigende wêreldkampioen, relatief goed presteer het. Gerugte lui dat die plaaslike renjaer Yuki Tsunoda by Lawson sal oorneem vir die derde wedren in Japan.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-11-sent teen die dollar, 19-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-43-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-283-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-26-dollar-78-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-77-sent per vat.
# En laastens, die eiendomsmark in Kaapstad floreer, aangevuur deur digitale swerwers wat sorg vir miljarde rande in ekonomiese groei. Die eiendomstegnologie-onderneming Launchbase berig daar was in 2024 transaksies ter waarde van meer as 4,8-miljard-rand, aangevuur deur afstandswerkers op soek na luukse plekke om te huur. Nomad Week in die stad beklemtoon die strategie om wêreldwye talent te lok. Kommer oor bekostigbaarheid bestaan wel, maar kenners sê die neiging bevorder ontwikkeling, werkskepping en plaaslike belegging.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….