Nuus 17:00
BULLETIN 20 Maart 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die terugkoopkoers bly onveranderd
# Suid-Afrika hersien invoertariewe te midde van die dreigende sluiting van staalfabrieke
# En motorsport: George Russell glo McLaren kan vanjaar al die F1-wedrenne wen
# Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het besluit om die terugkoopkoers onveranderd te hou op 7,5-persent. Dit beteken handelsbanke se prima-uitleenkoers bly 11-persent. Die president van die bank, Lesetja Kganyago, het op ‘n nuuskonferensie gesê die besluit volg weens ekonomiese onsekerheid en inflasierisiko’s. Hy sê hoewel inflasie binne die teiken bly, hou internasionale en plaaslike uitdagings steeds bestendigheidsrisiko’s in:
# Suid-Afrika hersien staal-invoertariewe nadat ArcelorMittal Suid-Afrika gedreig het om twee staalfabrieke te sluit wat noodsaaklik is vir plaaslike nywerhede. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging vra openbare kommentaar oor hoër tariewe en die kostevermindering van grondstowwe soos ystererts en kooks-steenkool. Die regering is tans in gesprek met ArcelorMittal, wat goedkoop invoere van staal, veral uit China, ‘n sleuteluitdaging noem. Voorgestelde maatreëls sluit in toesig oor invoere en permitvereistes vir sekere staalgrade.
# Die uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, sê ‘n tegniese oplossing is nodig om die ouditeur-generaal se kommer oor rekeningkundige standaarde aan te pak. Die fonds het in 2020/21 ‘n vrywaringsouditmening gekry nadat Internasionale Openbare Sektor Rekenkundige Standaarde gebruik is, maar wat die AG as onvoldoende beskou het. Letsoalo het aan Newzroom Afrika gesê hulle het ‘n nuwe aanslag nodig om die fonds se finansiële aanspreeklikheid te verbeter:
# Die DA in die Wes-Kaap waarsku die Maatskaplike Sekerheidsagentskap, Sassa, en die Posbank om nouer saam te werk en seker te maak miljoene Suid-Afrikaners kry hulle toelaes sonder vertraging of ontwrigting. Dis vandag die laaste dag waarop begunstigdes van die gouekaart kan oorskakel na die Posbank se swartkaart. Wendy Kaizer-Philander van die DA sê baie begunstigdes is bekommerd dat hulle nie volgende maand hul toelaes gaan kry nie:
# Motorsport: George Russell sê hy glo McLaren het ‘n groter voordeel as wat Red Bull in 2023 gehad het toe hy net een wedren nie gewen het nie. Russell, wat vir Mercedes jaag en derde was in die eerste wedren van die seisoen in Melbourne die afgelope naweek, sê McLaren is in staat om vanjaar al 24 wedrenne te wen en Mercedes, Red Bull en Ferrari agter te laat. Lando Norris van McLaren het die wedren gewen, met wêreldkampioen Max Verstappen van Red Bull tweede.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-18-sent teen die dollar, 19-rand-71-sent teen die euro en 23-rand-55-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-266-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en 32-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-37-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….