Nuus 17:00
BULLETIN 3 Maart 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA vra strategiese besuinigingsmaatreëls om regeringsvermorsing te verminder
# ‘n Onderwysaktivis verwelkom minister Gwarube se openbare-privaat vennootskapsprojek
# En Joslin Smith se ma en medebeskuldigdes pleit onskuldig aan die begin van hulle verhoor
# ActionSA sê strategiese besuinigingsmaatreëls word benodig om verkwistende besteding in die regering te verminder en finansiële bestuur te verbeter. Die party vra parlementslede om deur hul voorbeeld te lei en onnodige uitgawes, insluitend reiskoste, te besnoei. Die party se leier, Herman Mashaba, het op die mediabekendstelling van die kabinetshervorming en die wetsontwerp op geen verdraagsaamheid teen korrupsie gevra vir aanspreeklikheid met die bestuur van openbare fondse. Hy vra dat amptenare aanspreeklik gehou word vir verkwistende uitgawes:
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, moet geloof word oor die bekendstelling van ‘n openbare-privaat vennootskapsprojek. Die minister het beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om strategiese vennootskappe te bou wat privaat sektor-vernuwing, belegging en kundigheid aanwend om haar departement se pogings aan te vul. Makaneta sê hierdie projek beskik oor die potensiaal om die opvoedkundige landskap in Suid-Afrika te hervorm, veral vir gemarginaliseerde leerders in landelike gebiede:
# Die vermiste Weskus-meisie Joslin Smith se ma en twee medebeskuldigdes het onskuldig gepleit aan ontvoering en mensehandel. Die verhoor van Kelly Smith, haar kêrel, Jacquin Appollis, en hulle vriend, Steveno van Rhyn, het vanoggend begin in die Hooggeregshof wat in Saldanhabaai sit. Die meisie was ses-jaar oud toe sy in Februarie verlede jaar uit haar ma se huis verdwyn het. Talle inwoners woon die verrigtinge by. Joslin se ouma, Lauretta Yon, het aan die media gesê hulle hoop Kelly sal na vore kom en vertel waar haar dogter is.
# Rugby: Mack Hansen het ‘n nuwe tweejaar-kontrak onderteken met Ierland en Connacht. Die Australies-gebore vleuel het 27 toetse vir sy aangenome land gespeel seder sy buiging teen Wallis in Februarie 2022, en 12 drieë gedruk. Die 26-jarige Hansen, wat onder-20 vir Australië gespeel het, is die jongste senior Ierse speler om ‘n nuwe ooreenkoms te sluit. Hy kwalifiseer vir Ierland danksy sy ma wat in die land gebore is. Hy het in 2021 vanaf die Brumbies by Connacht aangesluit.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-63-sent teen die dollar, 19-rand-49-sent teen die euro en 23-rand-63-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-981-dollars. Die prys van goud is twee-duisend-870-dollar-76-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-99-sent per vat.
# En ten slotte: Al Jama-ah se leier, Ganief Hendricks, het sy hartlike gelukwense aan Moslems wêreldwyd oorgedra met die aanvang van Ramadan. Die party beklemtoon nadenke, vas en eenheid, terwyl hulle geloofsvryheid voorstaan. Hendricks het gevra vir vreedsame waaksaamheid in konfliksones soos Palestina, Soedan and Jemen. Hy vra ook die menslike behandeling van Uyghur Moslems wat uit Thailand gedeporteer is en die vrylating van Moslemleiers wat in aanhouding verkeer:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….