Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 21 Februarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Trump se besoek aan Suid-Afrika vir die G20-beraad is in die weegskaal weens toenemende spanning
# Krieket: Die Proteas stel aan Afganistan ‘n wenteiken van 316 in Karatsji
# En, premier Lesufi beklemtoon die belangrikheid van taalbehoud
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, se bywoning van die G20-beraad in Suid-Afrika in November bly onseker te midde van groeiende diplomatieke spanning. Amerika het ook befondsing aan Suid-Afrika gestaak. Die land se minister van Finansies, Scott Bessent, en minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gaan nie G20-vergaderings bywoon nie, maar president Cyril Ramaphosa ontken dis ‘n boikot. Trump het op ‘n vraag in die Ovaalkantoor oor sy bywoning van die beraad, gesê Suid-Afrika is ‘n gevaarlike plek:
# Die polisie gaan Donderdag hoë moordsones hersien en op gebiede met verhoogde misdaadsyfers fokus. Die hersiening sal wetstoepassingstrategieë evalueer en maatreëls ondersoek om die toenemende aantal moorde te beperk, veral waar vuurwapens betrokke is. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het tydens die bekendmaking van die jongste misdaadstatistiek die media meegedeel dat meer as 16-duisend vuurwapens onlangs vernietig is, as deel van pogings om onwettige wapens uit gemeenskappe te verwyder:
# Die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Bedryfsvereniging moedig sakeondernemings aan om die regering se verbeterde hernubare energie-belastingaansporing te eis voor dit volgende Vrydag verval. Die aansporing laat ondernemings toe om 125-persent van hulle kapitaalbelegging in hernubare energiebates wat tussen 1 Maart 2023 en 28 Februarie vanjaar in gebruik gestel is, af te trek. Na die spertyd keer die aftrekking terug na die standaard-kerf van 100-persent. Die vereniging se uitvoerende hoof, Rethabile Melamu, sê die aansporing help om belasbare inkomste te verlaag en versnel die herwinning van sonkragbeleggings.
# Krieket: Afganistan jaag ‘n rekordteiken van 316 in sy Kampioenetrofee-wedstryd teen Suid-Afrika in Karatsji, Pakistan. Die Proteas se kolfbeurt is geanker deur Ryan Rickelton se honderdtal en vyftigtalle deur kaptein Temba Bavuma, Rassie van der Dussen en Aiden Markram, wat tot baie sterk vennootskappe bygedra het. Suid-Afrika het op 315 vir ses geëindig. Mohammed Nabi het twee paaltjies laat kantel en Fazalhaq Farooqi, Azmatullah Omarzai en Noor Ahmad een elk, terwyl Rickelton uitgeloop is.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-38-sent teen die dollar, 19-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-24-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 99-duisend-190-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-932-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 75-dollar-54-sent per vat.
# En ten slotte: Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, beklemtoon dat taal identiteit en eenheid bevorder, en vra groter steun om die ekonomiese waarde daarvan te verhoog. Hy het tydens Internasionale Moedertaaldag by Unisa die uitwerking van apartheid op taalontwikkeling erken en Gauteng as ‘n taal-spilpunt geloof. Lesufi sê huise, skole en werkplekke is sleutelruimtes vir die behoud en bevordering van alle tale in Suid-Afrika:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….