Nuus 17:00
NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 14 November 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu verwelkom die afname in die werkloosheidsyfer en die toename in werksgeleenthede
# Afrika Tikkun en Microsoft Unite South African Businesses poog om die jeug se indiensneembaarheid te hervorm
# En, krieket: ‘n Australiese bouler verstom homself met ses paaltjies in ‘n boulbeurt
# Die vakbondfederasie, Cosatu, verwelkom die afname in die werkloosheidskoers in die derde kwartaal tot 31,9-persent, met 399-duisend nuwe poste wat verligting vir werkers en gesinne bied. Ten spyte van hierdie styging versoek die federasie die regering om in te gryp en aandag te gee aan uitdagings in sleutelsektore, soos beurtkrag en Transnet. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê die dreigende moontlikheid van afleggings van mynwerkers vereis dringende ingryping deur die regering en sakelui om nywerhede te beveilig en kritieke infrastruktuur te herbou:
Speel klankgreep: ENG ParksOnJobIncrease
Afrika Tikkun en Microsoft Unite South African Businesses span ondertussen kragte saam om die jeug se indiensneembaarheid aan te pak en die vaardigheidsgaping te verklein. Die organisasies het onlangs ‘n rondetafel-gesprek gehad waar besin is of Suid-Afrika se werkloosheidsuitdagings meer oor werks-beskikbaarheid of ‘n wanverhouding in vraag en aanbod van vaardighede gaan. Die gesprek het ‘n beduidende struikelblok in die land se arbeidsmag-ontwikkelingsomgewing uitgelig. Daar is ‘n oënskynlike gebrek aan samewerking en koördinasie gevind onder belanghebbendes wat verantwoordelik is om die jeug met die nodige vaardighede toe te rus en werksgeleenthede te bevorder.
# Afgevaardigdes van regoor die wêreld vergader in Nairobi, Kenia, vir belangrike samesprekings om die eerste wêreldwye verdrag wat oor die plastiekbesoedelingskrisis handel, te formuleer. Die ooreenkoms, wat teen volgende jaar gefinaliseer sal word, is gerig op die beëindiging van plastiekbesoedeling in oseane en die atmosfeer, insluitende die gevolge daarvan op mense en diere. Amerika, Saoedi-Arabië, Indië en China het in die verlede voorkeur gegee aan verbintenisse deur die staat, terwyl ander, insluitende Afrika, verbintenisse wêreldwyd verkies. Plastiekafval moet teen 2040 met 75-persent verminder om uitlatings te beperk. Die besprekings is veronderstel om Sondag af te sluit.
# Krieket: Die Australiese bouler, Gareth Morgan, sê hy kon sy oë nie glo toe hy ses paaltjies in een boulbeurt geneem het nie. Die kaptein van Mudgeeraba Nerang het hierdie prestasie in ʼn Afdeling Drie-wedstryd vermag. Surfers Paradise het net vyf lopies in hulle laaste boulbeurt benodig om te wen, maar Morgan het hulle laaste ses paaltjies laat kantel om aan sy span ʼn onverwagte oorwinning te besorg. Sy pa, Huw, het agterna vertel Gareth het as kind ook vyf paaltjies in een boulbeurt laat kantel maar kon nie nog een kry nie want daar was net vyf paaltjies oor.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-71-sent teen die dollar, 20-rand-8-sent teen die euro en 23-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 36-duisend-401-dollar-50-sent. Die prys van goud is een-duisend-946-dollar-20-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-16-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Die Nasionale Seereddingsinstituut waarsku oor ‘n naderende hittegolf in die Wes- en Noord-Kaap. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel temperature van tussen 30 en 40-grade Celsius tot môreaand. Die NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, raai mense aan om versigtig te wees tydens bedrywighede aan die kus en vra baaiers, bootvaarders en waterliefhebbers om veiligheid voorop te stel. Springgety met nuwe maan dra by tot die toestande. Lambinon waarsku oor onstuimige water en bepleit verantwoordelike volwasse toesig vir kinders naby water:
Speel klankgreep: ENG LambinonOnHeatWave
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….