Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Februarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA wil die Onteieningswet in die Hooggeregshof laat nietig verklaar
# Iran sê Trump wil hulle op hulle knieë dwing terwyl hulle die Islamitiese rewolusie herdenk
# En padwedlope: Die Prins Mangosuthu-ultramarathon verhoog sy prysgeld tot 150-duisend-rand
# Die DA het ‘n aansoek teen die onlangs-getekende Onteieningswet by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien en beweer dis ongrondwetlik. Die party voer aan die wet bied die regering buitensporige magte om eiendom sonder vergoeding te vat, in ‘n stap wat herinner aan grondonteiening tydens apartheid. Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, vra dat die wet nietig verklaar word, met verwysing na onduidelike klousules en die belyning daarvan met die ANC se breër strewe na onteiening sonder vergoeding:
# Naasbestaandes van vermiste onwettige mynwerkers word versoek om DNS-monsters te verskaf om te help met die identifikasieproses in Stilfontein, Noordwes. Familielede wat vermoed hul geliefdes het in die Khuma- of Stilfontein-omgewing gewerk, word gevra om Donderdag en Vrydag die Stilfonteinse polisiekantoor te besoek om te help met die uitkenning van die ongeïdentifiseerde mynwerkers. ‘n Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê 18 DNS-monster is tot dusver ingesamel as deel van die voortgesette ondersoek:
# Die Wes-Kaapse regering het internasionale befondsing vir munisipale water- en afvalwaterprojekte verkry. Die volhoubare infrastruktuur-onwikkelings en finansiële -progam beoog om plaaslike sowel as internasionale befondsing te bekom, met 72-miljoen-rand van Switserland en 35-miljoen-rand van Denemarke. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê munisipaliteite soos Drakenstein, Stellenbosch en George maak deel uit van 17 projekte wat meer as 2,2-miljard-rand beloop om waterprobleme te bekamp wat veroorsaak word deur klimaatsverandering en bevolkingsaanwas.
# Die Iranse president, Masoud Pezeshkian, beskuldig sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, daarvan dat hy probeer om Iran op sy knieë te dwing, terwyl die land die 46ste herdenking van die Islamitiese revolusie vier. Iraniërs het van vroegoggend in openbare ruimtes regoor die land met popliedjies en patriotiese ballades begin bymekaarkom, om die stigting van die Islamitiese republiek en die omverwerping van sjah Mohammad Reza Pahlavi in 1979 te vier. In Teheran het hulle by die simboliese Azadi-toring vergader, wat “vryheid” in Persies beteken.
# Padwedlope: Die Prins Mangosuthu-ultramarathon in KwaZulu-Natal het die prysgeld in die mans- en die vroue-kategorie vir vanjaar tot 150-duisend-rand verhoog. Dit is 50-duisend-rand meer as die eerste wedloop in 2018. Die wedloop op 27 April volg ‘n roete van 52-kilometer tussen Dundee and Inquthi. Die wedloop dien as ‘n sleutel-kwalifiseerder en voorbereiding vir die Comrades-marathon.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-39-sent teen die dollar, 18-rand-99-sent teen die euro en 22-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-638-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-905-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-48-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….