Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 27 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement se Verdedigingskomitee weerlê bewerings van soldate sonder genoeg toerusting in die DRK
# Krieket: Die spanne bo- en onder-aan die SA20-punteleer meet vandag kragte in die Paarl
# En, die wêreld herdenk die bevryding van die Auschwitz-uitwissingskamp 80 jaar gelede
# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Verdediging en Militêre Veterane, Dakota Legoete, weerlê die bewerings dat Suid-Afrikaanse soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo nie genoeg hulpbronne het nie. Dit volg nadat nege soldate in Goma gesterf het. Legoete het die opposisie se oproep om vredesmagte te ontrrek voortydig geag en hul opofferings geprys. Hy het die sending se rol in streeksbestendigheid uitgelig:
# Die Vereniging van Staatsamptenare het op Nasionale Polisiedag ‘n beroep gedoen vir verbeterde en waardige geriewe in polisiestasies, veral met die hantering van trauma- en seksuele aanrandingsake. Die vereniging dring aan dat polisiestasies beman moet word met bekwame werknemers wat hierdie sake op ‘n waardige en vertroulike manier kan bestuur. Hulle vra ook meer voertuie om vinniger te kan reageer. Claude Naiker van die vereniging sê polisiebeamptes verdien beter geriewe om die publiek doeltreffend te dien en te beskerm.
# Die ANC se Plaaslike Regeringkommissie stel voor dat inkomste uit water aangewend word om verbrokkelende munisipale infrastruktuur te herstel. Die plan sluit in aandag aan die bestuur van munisipaliteite, finansiële verpligtinge en dienslewerings-uitdagings. ‘n Lid van die party se Nasionale Uitvoernde Kommitee, Zuko Godlimpi, het na die voortdurende krisis verwys wat baie mense sonder toegang tot water laat. Hy sê die kommissie beoog om volhoubare oplossings vir die bestuur van water te verseker en dienslewering in sukkelende munisipaliteite te verbeter:
# Krieket: Die spanne bo- en onder-aan die SA20 se punteleer speel vandag in die Paarl. Paarl Royals het reeds vir die uitspeelrondes gekwalifiseer nadat hulle ses van hulle vorige sewe wedstryde gewen het. Durban’s Super Giants is in die laaste plek nadat hulle slegs ‘n enkele wedstryd kon wen. Hulle het vyf verloor en twee was onbeslis. MI Cape Town is tans tweede op die punteleer, gevolg deur die verdedigende kampioen, Sunrisers Eastern Cape, Joburg Super Kings en Pretoria Capitals. Die eerste vier spanne dring deur.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-67-sent teen die dollar, 19-rand-63-sent teen die euro en 23-rand-35-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 101-duisend-119-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-762-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-1-sent per vat.
# En ten slotte: Die Auschwitz-uitwissingskamp in Pole is vandag 80 jaar gelede bevry, met ‘n paar van die enkele oorlewendes wat seremonies by die berugte Nazi-kamp bywoon. Auschwitz was die grootste van die doodskampe en het die simbool geword van Nazi-Duitsland se volksmoord op ses-miljoen Europese Jode . ‘n Miljoen Jode en ‘n honderd-duisend nie-Jode het tussen 1940 and ’45 in die kamp gesterf. Die Poolse president, Andrzej Duda, het saam met oorlewendes kranse gelê.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….