Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu daag Afriforum uit om regstappe te doen teen die BELA-wet
# AfriForum versoek ‘n dringende vergadering om plaasaanvalle aan te pak
# En tennis: Carlos Alcaraz beloof om ‘n kangaroe-tatoeëermerk te kry as hy die Australiese Ope wen
# Die vakbondfederasie Cosatu verwerp AfriForum se dreigement om die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette te betwis en is van mening so ‘n stap sal in die hof misluk. Die woordvoerder, Zanele Sabela, beklemtoon die wet se hervormende doelwitte, die bevordering van inklusiwiteit en moedertaalonderrig en die versekering van toesig om diskriminasie te voorkom. Sy bevestig weer die BELA-wet se grondwetlikheid en verbintenis tot ‘n billike onderwysstelsel vir alle Suid-Afrikaanse leerders:
# Die GOOD-party doen ‘n beroep op die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, om die 477 nuwe onderwysposte wat geskep is, te verduidelik. Die LUR sê deur begrotingsvoorkeure aan te pas, kon die departement die poste beskikbaar stel weens vanjaar se groot aantal leerders. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê dit is ten spyte van meer as twee-duisend onderwysposte wat die departement geskrap het:
# AfriForum het ‘n dringende vergadering aangevra met die minister van Polisie, Senzo Mchunu, om die oplewing in plaasaanvalle hok te slaan. Daar is sedert verlede maand 33 aanvalle en sewe moorde aangemeld, met van die slagoffers wat gemartel is. Jacques Broodryk van AfriForum sê daar bestaan ‘n behoefte aan daadwerklike optrede om landelike gemeenskappe te beskerm en die landbousektor te beveilig. Hy stel verbeterde samewerking met die polisie voor om veiligheidsmaatreëls te versterk:
# Twee van die min lande wat straalvegters aan Oekraïne beloof het, Frankryk en Noorweë, sê hulle sal hul verpligtinge betyds nakom. Noorweë het ses Amerikaans-vervaardigde F-16’s aan Oekraïne beloof om hom te help om Rusland se invalle af te weer, met aflewering wat tussen 2024 en 2025 versprei is. Frankryk het intussen gesê hy sal ‘n ongespesifiseerde aantal Frans-vervaardigde Mirage 2000-5’s verskaf in die eerste kwartaal van vanjaar.
# Tennis: Carlos Alcaraz beplan om ʼn kangaroe-tatoeëermerk te kry indien hy die eerste keer die Australiese Ope wen nadat hy tot die laaste 16 in Melbourne deurgedring het. Die 21-jarige derde gekeurde het ‘n stel afgestaan, maar was eenvoudig te goed vir Nuno Borges van Portugal in die Rod Laver-arena en het hom met in vier stelle uitgeskakel. Dit was die Spanjaard se eerste verskyning vanjaar op die hoofbaan nadat hy sy eerste twee wedstryde op die Margaret Court-arena moes speel. Hy mik na sy eerste Grand Slam-titel in Australië.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-78-sent teen die dollar, 19-rand-33-sent teen die euro en 22-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-609-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-706-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-77-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….