Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Mynwerker-groep kritiseer minister Mantashe se Stilfontein-besoek as ‘n geleentheid om aandag te trek
# Binnelandse Sake stel 65 toeroperateurs bekend om besoekers vanuit China en Indië te lok
# En, tennis: Tiener sorg vir grootste opskudding tot dusver by die Australiese Ope
# Mining Affected Communities United in Action het die minister van Minerale bronne, Gwede Mantashe se besoek aan Stilfontein afgemaak as ‘n soeke na publisiteit. Dit volg ná oproepe vir verligting en ‘n reddingsoperasie in die mynramp waarin onwettige mynwerkers steeds ondergronds vasgekeer is. Meer as 100 liggame is ook na berigte ondergronds. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, bestempel die situasie as ‘n tragiese ramp:
# Die Departement van Binnelandse Sake het 65 toeroperateurs gekies vir ‘n betroubare toeroperateur-veldtog wat daarop gemik is om toerisme uit China en Indië te bevorder. Die program stroomlyn visum-prosesse en poog om meer besoekers te lok, werk te skep en ekonomiese groei aan te dryf. Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het optimisme uitgespreek en sê die inisiatief sal verseker dat Suid-Afrika ‘n topbestemming word vir hierdie sleutelmarkte namate die program momentum bou:
# Die Automobiel-Assosiasie raai verbruikers aan om inspeksies te doen voor hulle ‘n gebruikte voertuig aankoop. Die vereniging sê ‘n deeglike inspeksie verseker die voertuig is meganies in ʼn goeie toestand en padwaardig, wat die risiko van onverwagte herstelwerk en uitgawes ná die transaksie uitskakel. Volgens AA-woordvoerder, Eleanor Mavimbela, verontagsaam baie kopers die belangrikheid van ‘n onafhanklike inspeksie, wat verborge kwessies kan uitwys wat moontlik nie tydens ʼn toetsrit waarneembaar is nie. Hierdie proses bied noodsaaklike insig in die toestand van die voertuig sodat die koper ʼn ingeligte besluit kan neem.
# Tennis: Die vreeslose tiener-kwalifiseerder, Joao Fonseca, het met sy buiging in ʼn Grand Slam-toernooi die negende gekeurde Andrey Rublev verslaan, die grootste skok tot dusver by die Australiese Ope. Hy is luidkeels in Melbourne aangemoedig deur Brasiliaanse ondersteuners in geel geklee en die talentvolle 18-jarige was komkommerkoel terwyl hy die Rus met 7-6, 6-3 en 7-6 uitoorlê het. Fonseca het verlede maand die tweede jongste kampioen by die NextGen-toernooi geword sedert die huidige wêreld nommer een, Jannik Sinner, dit vyf jaar gelede ook op 18-jarige ouderdom vermag het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-94-sent teen die dollar, 19-rand-40-sent teen die euro en 23-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-928-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-667-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-62-sent per vat.
# Ten slotte: Die 87-jarige koningin Sonja van Noorweë sal hierdie week ‘n pasaangeër ontvang, nadat sy onlangs ‘n onreëlmatige hartklop ontwikkel het. Die koningin was die naweek vir ‘n kort tydjie in Lillehammer in die suidooste van Noorweë in die hospitaal nadat haar hartklop onreëlmatig geraak het op ‘n ski-uitstappie in die land. As gevolg hiervan sal sy Donderdag die prosedure ondergaan. Sonja se man, koning Harald, is op 87 Europa se oudste regerende monarg en het ook in Maart ‘n pasaangeër ontvang.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….