Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# FEDSAS is besorg omdat stygende skoolgeld gesinne kniehalter te midde van ekonomiese druk
# Saak teen kapingsverdagtes wat met Nelson Mandela se kleinseun verbind word, word uitgestel
# En, rugby: Glasgow Warriors en Racing92 begin die naweek se Kampioenebeker-aksie
# Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole sê skole waar skoolfonds betaal moet word ervaar aansienlike finansiële probleme omdat skoolfonds styg en druk op gesinne verhoog. Fedsas verwag onafhanklike skole sal na verwagting vrystelling van tussen 7,4-miljard-rand en 10,8-miljard-rand aan sukkelende ouers moet verleen. Riaan van der Bergh van Fedsas het aan eNCA gesê met skoolfondsverhogings wats hoёr as inflasie is, raai hy skole aan om aanpassings vir skoolfonds en skryfbehoefte-uitgawes deursigtig te kommunikeer:
# Die saak teen vier verdagtes in verband met ‘n gekaapte voertuig wat by die huis in Houghton van oudpresident Nelson Mandela in Johannesburg gevind is, is tot 17 Januarie uitgestel. ’n Vyfde persoon wat in hegtenis geneem is, Nelson Mandela se kleinseun, was nie vandag in die hof nie. Die hof het die media opdrag gegee om nie die verdagtes se name, geslag of ras te publiseer nie. Die gekaapte voertuig en ‘n ongelisensieerde vuurwapen is gevind. Hulle word aangekla van ontvoering, roof en aanranding.
# Die president van Rwanda, Paul Kagame, versoek die Demokratiese Republiek Kongo om met M23-rebelle te onderhandel. Die rebellegroep het sleuteldorpe in die ooste van die DRK beset, wat die streek verder destabiliseer. Ten spyte van oproepe om dialoog, bly spanning hoog, met meer as ‘n miljoen mense wat deur voortdurende konflik ontheem is. Kagame kritiseer die onwilligheid van die DRK om interne kwessies aan te spreek en verwerp beskuldigings dat Rwanda die rebelle ondersteun:
# Rugby: Aksie in die Kampioenebeker begin vanaand om 10-uur wanneer afrigter, Franco Smith, se Glasgow Warriors tuis speel teen die Franse span, Racing92. Die Skotse span het tot dusver sewe punte uit ʼn moontlike tien behaal in hulle twee wedstryde in Europa se voorste kompetisie. ʼn Oorwinning sal hulle vir ʼn tweede agtereenvolgende veldtog so te sê verseker van ʼn plek in die uitklopfase. Vleuel Kyle Steyn voer die span aan in sy eerste verskyning in die Kampioenebeker-veldtog. Die stut van die Britse en Ierse Leeus, Rory Sutherland, begin ook die eerste keer sedert Oktober.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-2-sent teen die dollar, 19-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-42-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-853-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-679-dollar-98-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-20-sent per vat.
# Ten slotte: Unieke oomblikke is op foto’s vasgevang van ‘n babameisie wat gebore is op ‘n rubberboot volgepak met migrante op pad na die Kanariese Eilande vanaf ‘n Marokkaanse provinsie. ‘n Spaanse kuswag-skip het die 60 passasiers gered. Die ma en baba is hospitaal toe geneem vir mediese ondersoeke. Sodra hulle ontslaan word, sal hulle na ‘n humanitêre sentrum vir migrante gaan, en daarna sal hul heel waarskynlik na ‘n ontvangsentrum vir moeders en kinders verskuif word. Duisende migrante poog jaarliks om die reis van die Afrika-kus na die Spaanse Kanariese Eilande aan te pak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….