Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa begin die ANC se 113de herdenkingsvieringe by Robbeneiland
# ActionSA versoek Openbare Beskermer om Louis Liebenberg se Mashatile-diamant te ondersoek
# En, sokker: Vanaand se aksie in die Premier-sokkerliga
# ANC-president Cyril Ramaphosa het die party se 113de bestaansvieringe by Robbeneiland begin. Die tradisionele verklaring van 8 Januarie vind Saterdag in Khayelitsha plaas. Op Robbeneiland het Ramaphosa die sel van oudpresident Nelson Mandela besoek en verwys na die belangrikheid van die betekenis van die eiland as ‘n simbool van opoffering en die stryd vir vryheid. Hy het in sy toespraak gesê Robbeneiland bied inspirasie:
# ActionSA het die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, versoek om adjunkpresident Paul Mashatile te ondersoek oor ‘n geskenkte diamant van die bedrogbeskuldigde, Louis Liebenberg. Liebenberg staan tereg op meer as 40 aanklagte en het die diamant onder verdagte omstandighede geskenk. ActionSA-woordvoerder Athol Trollip sê die party bevraagteken Mashatile se etiese nakoming en verbintenisse met Liebenberg en eis deursigtigheid om korrupsie te bekamp:
# Die United Africans Transformation doen ‘n beroep vir die onmiddellike verwydering van die afsny-ouderdom op die Gemeenskapswerkprogram en dring aan op die voortsetting van die program as noodsaaklike verligting vir kwesbare Suid-Afrikaners. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het aangekondig die departement sal op 31 Januarie die kontrakte van deelnemers van 55 jaar en ouer beëindig. Die woordvoerder, Mighty Mabule sê die beëindiging van die program sonder ‘n behoorlike plan verminder werkers se waardigheid en gemoedsrus:
# Twee tienersusters is in Pakistan gearresteer vir die moord op hulle pa. Hulle het hom aan die brand gesteek om wraak te neem vir verkragting. Die polisie sê die pa is op Nuwejaarsdag aangeval en hospitaal toe geneem, waar hy gister dood is. Die meisies sê hulle het onder mekaar besluit om ‘n blywende oplossing te vind en daarna petrol uit ‘n motorfiets getap en hul pa in sy slaap aan die brand gesteek. Die stiefsusters het gesê hul pa het die oudste meisie ‘n jaar lank verkrag en ook probeer om die jonger meisie te verkrag.
# Sokker: Kaizer Chiefs is tans in die sewende plek in die Premier Sokkerliga en speel vanaand in die FNB-stadion in Johannesburg teen die span in die vyfde plek, Stellenbosch FC. Ondersteuners verwag vordering onder die Tunisiese afrigter, Nasreddine Nabi. Met Nabi in beheer het Chiefs vyf oorwinnings, drie gelykopuitslae en vyf nederlae in alle kompetisies behaal. Afskop is om 7:30. In ander wedstryde vanaand om dieselfde afskoptyd, speel die tweede geplaasde Orlando Pirates weg teen Cape Town City en AmaZulu pak Sekhukhune United.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-86-sent teen die dollar, 19-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-345-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-657-dollar-1-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-8-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….