Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 3 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Korrektiewe Dienste weerhou besonderhede van Oscar Pistorius se paroolvrylating
# Reddingspanne beëindig hulle soektog in Ladysmith met die dodetal op 23
# En, tennis: Emma Raducanu kry ‘n plek in die hoofloting van die Australiese Ope
# Die Departement van Korrektiewe Dienste handhaaf streng vertroulikheid oor die naderende vrylating op parool van die veroordeelde moordenaar, Oscar Pistorius, wat Vrydag in werking tree. Volgens die departement is dit weens sekerheidsredes. Die voormalige Paralimpiese atleet het sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in 2013 by sy huis in Pretoria doodgeskiet. Die woordvoerder van die departement, sê die besluit beperk toegang van die media tot vervoerreëlings en die tyd van vrylating:
# Die soek- en reddingspoging is beëindig na die kitsvloede wat sedert Oukersaand in die omgewing van Ladysmith in KwaZulu-Natal voorgekom het. Die reddingspanne het hulle soektog afgesluit nadat ‘n man se liggaam in die Kliprivier gevind is. Dit het die dodetal tot 23 laat styg. Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê lede van verskillende plekke het na hulle basisse teruggekeer, wat die soektog beëindig. Meer as een-duisend-400 huise is deur die vloede geraak.
# Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê hulle het hulle toesig opgeskerp oor die toenemende verkeer by die Beitbrug-grenspos in Limpopo. Masiapato sê die owerhede wat ontplooi is, is pligsgetrou besig om vakansiegangers wat terugkeer na Suid-Afrika dop te hou, verseker voldoening met die vereiste dokumentasie en verhoed die inbring van vervalste goedere of dwelms oor die grens:
# Honderde verseëlde hofdokumente oor wyle Amerikaanse seksoortreder Jeffrey Epstein word dié week vrygestel. Die Amerikaanse distriksregter Loretta Preska het beslis meer as 150 vermeende medepligtiges se name moet bekendgemaak word. Die dokumente kom uit ‘n siviele hofgeding uit 2015 waarby Epstein se vennoot, Ghislaine Maxwell, betrek word vir die reël van die seksuele mishandeling van ‘n mensehandel-slagoffer. Virginia Giuffre het Epstein, Maxwell en prins Andrew van Brittanje beskuldig dat hulle haar opdrag gegee het om aan seksuele bedrywighede deel te neem. Prins Andrew het Giuffre intussen betaal om ‘n regsgeding teen hom te laat vaar.
# Tennis: Emma Raducanu van Brittanje het haar plek in die hoofloting van die Australiese Ope verseker nadat Lauren Davis van Amerika weens ‘n skouerbesering moes onttrek. Die Amerikaanse Ope-kampioen van 2021 sou andersins in die kwalifiseringstoernooi moes speel. Die 21-jarige se loopbaan het ontspoor na haar oorwinning op Flushing Meadows meer as twee jaar gelede en ʼn gebrek aan vorm en verskeie beserings het hulle tol geëis. Die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar begin die 14de van die maand in Melbourne.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-80-sent teen die dollar, 20-rand-53-sent teen die euro en 23-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-573-dollar-30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-45-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-48-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….