Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# RISE Mzansi is bekommerd oor beurtkrag wat 2024 afskop
# ActionSA sê die nuwe jaar bied die eerste geleentheid om die regerende party te verwyder
# En, tennis: Nadal klop Thiem in sy eerste enkelspelwedstryd in bykans ‘n jaar
# RISE Mzansi het die terugkeer van beurtkrag veroordeel en spreek kommer uit oor die frustrasies waarmee sake-ondernemings en landsburgers te doen het. Eskom het tot verdere kennisgewing fase 2- en 3 onderbrekings aangekondig. Die beweging se hoof-organiseerder, Makashule Gana, plaas klem op die erge uitwerking op kleinsake wat nie alternatiewe kragbronne kan bekostig nie. Hy skryf die situasie toe aan wat hy die ANC se politieke verwaarlosing noem, wat die lewens en lewenswyses van alle Suid-Afrikaners raak. Gana sê dis tyd vir ‘n regering wat werk:
# ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die party vertrou die nuwe jaar sal hervormings vir Suid-Afrika inhou en ‘n nuwe era van hoop bring terwyl die land drie dekades van demokrasie vier. Mashaba sê ActionSA het bewys hy kan net soveel steun wen in voorstedelike gebiede as in townships en landelike gemeenskappe. Hy sê in elke tussenverkiesing waaraan die party deelgeneem het, het hulle gegroei ten koste van die regerende party.
# Die stigter van TAX Justice SA, Yusuf Abramjee, verwelkom ʼn belangrike regsdeurbraak teen die onwettige tabak-magnate, wat miljarde rand van Suid-Afrika steel. Verskeie sigaretvervaardigers se dringende aansoek om die SA Inkomstediens te verbied om kringtelevisiekameras in hulle pakhuise te installeer, het misluk. Volgens Abramjee moet hierdie maatskappye, insluitende Carnilinx, wat deur die selferkende sigaretsmokkelaar, Adriano Mazzotti, besit word, moet voortaan die wet gehoorsaam wat die Inkomstediens in staat stel om die ware getal sigarette wat vervaardig word, te monitor:
# ‘n Vliegtuig van die Japanse lugredery het aan die brand geslaan op die aanloopbaan van die Haneda-lughawe in Tokio nadat dit klaarblyklik gebots het met ‘n vliegtuig van die kuswag. Beelde in die plaaslike media toon die vliegtuig wat op die aanloopbaan beweeg voordat oranje vlamme onder die onderstel en agter die vliegtuig uitbars. Al 367 passasiers en 12 bemanningslede op die Airbus is ontruim. Een van die ses bemanningslede van die kuswagvliegtuig is veilig, maar daar kon nog nie rekenskap gegee word van nog vyf nie.
# Tennis: Die wenner van 22 Grand Slam-toernooie, Rafael Nadal, het Dominic Thiem van Oostenryk in skoon stelle geklop in sy eerste enkelspelwedstryd in bykans ʼn jaar. Die 37-jarige Spanjaard het met 7-6, 6-1 gewen in die ronde van 32 by die Brisbane internasionale toernooi – sy eerste beroepstoernooi sedert hy sy heup by verlede jaar se Australiese Ope beseer het. Nadal het vroeër laat blyk 2024 is sy laaste jaar op toer, maar hy het aan ESPN gesê hy hou sy opsies oop:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-53-sent teen die dollar, 20-rand-32-sent teen die euro en 23-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 45-duisend-515-dollar-77-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-65-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-55-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….